Weg!

ANTON KRUGER

-

@antongkrug­er Canon EOS 7D Mk. II Canon 500 mm-lens

ANTON SKRYF: Ek en ’n vriend het in Maart 2016 ’n paar dae by die Chobe Safari Lodge in Botswana deurgebrin­g met die doel om voëls in die groen seisoen af te neem.

Ons het in ’n bootjie die Chobe- rivier met ’n gids verken. Van ’n boot af kan jy na aan die voëls kom sonder dat hulle wegvlieg. Hierdie dwerggans het saamgewerk – dis nie aldag dat hulle vir jou sulke goeie geleenthed­e gee nie!

TOAST SÊ: Anton is reg, want ’n dwerggans is gewoonlik ’n háástige outjie. Jy sien hulle gewoonlik in die verte, en dan begin hulle reeds vlieg. Dis dalk hoekom jy so selde ’n duidelike foto van een sien – dis baie makliker om ’n visarend op die Choberivie­r af te neem.

Kyk net die vars kleure van die gansie hier, die glansgroen, swart, roesbruin en oranjegeel wat teen die wit vere uitstaan.

Die neutrale agtergrond – uit fokus gegooi deur Anton se grootmenee­r lens – sorg dat die gansie soos ’n hanswors in die kerk uitstaan.

Die posisie van die dwerggans se kop is ook belangrik. Indien hy (die wyfies is effens valer van veer) weggekyk het, sou die profiel nie so sterk gewees het nie. Maar omdat hy sy kop half draai in die rigting van Anton op sy bootjie, is die profiel sterk én die oog vang so ‘n bietjie glinster van die son.

Oulik verby!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa