Weg!

ANNEMARIE DU PLESSIS

-

@annemarie_du_plessis Canon EOS 5D Mk. III Canon 100-300 mm-lens

ANNEMARIE SKRYF: Dié foto is geneem op die S33 (die Vutomipad), 13 km noord van die Tshokwanep­iekniekple­k in die Krugerwild­tuin.

Dit was ’n bewolkte dag en ons het rustig gery. Skielik was daar net olifante aan weerskante van die pad! Sommige het ’n modderbad aan die een kant geneem, en ander ’n stofbad aan die ander kant. Ek het dadelik my boontjiesa­kkie en kamera gegryp.

In daardie stadium was die matriarg besig met haar stofbad. Sy was ’n vreeslike mooi olifant, met nat modderstre­pe oor haar oog, slurp en oor. Ek wou graag die kontras van nat modder en droë stof vasvang.

Deur dit baie nou te raam het ek probeer om van die steurende elemente op die agtergrond ontslae te raak om sodoende ’n meer kunstige eindproduk te kry.

TOAST SÊ: Hier by “Mense se lense” hou ons van ’n “meer kunstige eindproduk”! Jy hoef nie altyd die hele dier in jou foto in te pas nie.

Wanneer jy tyd by ’n toneel soos dié deurbring, sal ’n ervare fotograaf ’n uiteenlope­nde reeks foto’s neem. Jy begin gewoonlik met ’n wyer raam (wat dalk beteken jy moet ’n ander lens opsit), wat die toneel in sy geheel wys, dalk met verskeie olifante op die foto.

Dan, as jy sien die diere is rustig, begin jy op die details inzoem. Jy kies die mooiste dier om af te neem (byvoorbeel­d die een met die grootste tande – of horings, as dit ’n bok is), of dalk die een wat in die beste lig staan. Hierdie is als besluite wat iemand soos Annemarie binne sekondes kan maak, want sy neem gereeld foto’s en kan al ’n goeie geleenthei­d op ’n afstand sien kom.

Deur jou raam kleiner – stywer om die voorwerp – te trek fokus jy nou die kyker se aandag op iets spesifieks. Annemarie wou die matriarg se gesigsuitd­rukking vasvang, tesame met die “spesiale effek” wat die stof bydra, én die ongewone kombinasie van droog (die stof) en nat (die strepe oor die olifant). Al hierdie elemente span saam om Annemarie se olifantfot­o groter visuele trefkrag te gee.

Goeie werk, Annemarie! Jy’t hier visueel gedink van begin tot einde, en daardeur die olifant tot haar vorstelike reg laat kom.

>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa