Weg!

SIEGFRIED SCHROEDER

-

@siegschroe­der Canon EOS M5 Sigma 150-600 mm-lens

SIEGFRIED VERTEL: Ek het hierdie foto in die Krugerwild­tuin geneem, net suid van die Afsaal-piekniekpl­ek in die suide. Vandat ek by die Malelanehe­k ingery het, het ek reeds daarna begin uitsien om my nuwe Sigma 150-600 mm-lens op die proef te stel.

Ek het dit net onder die knie begin kry toe hierdie sebra breed vir my glimlag!

Dis veral die gewig van die lens waaraan ’n mens eers moet gewoond raak. Dit help vir seker om ’n boontjiesa­k te hê waarop jy die swaar lens kan laat rus wanneer jy skiet.

TOAST SÊ: Dit vat tyd om gewoond te raak aan nuwe toerusting.

In die wildtuin het jy gelukkig baie proefkonyn­e – sit ’n ruk by die rooibokke of sebras en leer hoe jou nuwe kamera of lens werk. Jy wil nie eers die nuwe toerusting uitpluk wanneer jy by die leeus stop wat ’n vlakvark jaag nie – dan gaan jy die aksie misloop!

Sebras is van ons mooiste diere wat ’n mens kan afneem – hulle swart en wit strepe sorg dadelik vir ’n sterk grafiese aspek op jou foto. Siegfried het goed gevaar deur dié een teen ’n neutrale groen agtergrond af te neem, wat die dier dadelik beter laat uitstaan.

Ek hou van die “glimlag” wat die sebra hier gee. Dit lyk kompleet soos ’n Colgate-advertensi­e vir die diereryk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa