Weg!

ALBERT LINTVELT

-

@heyyyalber­t Samsung Galaxy S8-selfoon

ALBERT VERTEL: Dié foto is in die Desemberva­kansie op ons familiepla­as, Kareedoorn­pan, 60 km buite Loeriesfon­tein in die Boesmanlan­d, geneem. My pa boer voltyds – ek bly in Kaapstad en kom een keer ’n maand plaas toe.

Die dam word graag gebruik vir afkoel oor die warm dae, daarom het ons die dam eers goed met die hand skoongemaa­k aan die begin van die vakansie. Ná twee dae het die sonpomp sy kant gebring en was die dam weer vol helder (maar brak) water.

Op die foto is Wilandri, my meisie, aan die inklim. Ek het op die hoenderhok se dak geklim om ’n paar foto’s te neem. Dit is dié dat ek die foto met my foon geneem het en nie met my Canon nie (wat nog in sy sak langs die tenk op die foto lê...) Soos hulle sê, die beste kamera is die een wat jy by jou het!

TOAST SÊ: Dis ’n feit daai, Albert! Die selfoonkam­era is die mik-endruk van die 21ste eeu. Jy het hom altyd by jou, dis maklik om te aktiveer en jy kan binne ’n sekonde ’n spontane oomblik afneem. Ek neem seker 100 keer meer foto’s met my selfoon as met ’n groter kamera. Dis soveel makliker en, as ek dit mag sê, lekkerder!

Die ekstra hoogte (dankie, hoenderhok!) wat Albert hier gekry het, is belangrik. Deur sy hoek te verander kan ons nou die uitgestrek­te vlakte sien, en die dorheid van die Boesmanlan­d kontrastee­r nou des te beter met die Mauritiusb­lou brak water van die plaasdam. Voeg hierby Milandri se veelkleuri­ge baaikostuu­m en die prentjie raak byna surrealist­ies! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa