Weg!

ROEDOLPH VAN DER MERWE

-

Nikon D5500 Nikon 55-200 mm-lens

ROEDOLPH VERTEL: Ek het iewers gelees ’n mens maak self jou foto’s.

Hier het ek gewag dat die maan opkom sodat dit die windpomp se dek net-net raak. Ek het gevoel die windpomp sou die maan trek as fokuspunt, en dat die kleure van die laatmiddag­lig die perfekte agtergrond sou wees.

My ISO was 400, lensopenin­g f8 en sluiterspo­ed 1/50ste van ’n sekonde – ek het ’n driepoot gebruik vir stabilitei­t.

Dié foto is in die De Aar-distrik in die Karoo geneem.

TOAST SÊ: Min dinge sê “Karoo” duideliker as die silhoeët van ’n windpomp. Vir hoe lank nog? Ons sal moet sien – al hoe meer boere installeer deesdae sonpompe, wat dalk goed is vir water pomp, maar ’n ruk gaan vat voor hulle so ikonies gaan word soos dié staalblomm­e van die platteland.

Dis belangrik om visie te hê wanneer jou foto’s neem. Jy moet jou kan verbeel hoe die verskillen­de elemente – die beligting, komposisie en kameravers­tellings – mekaar kan komplement­eer, hoe hulle kan saamwerk om jou visie te vervul.

Dis moeilik om die volmaan af te neem. As jy te lank wag en die maan sit al te hoog, dan is dit te helder teen die te donker lugruim.

Jy sit dan net met ’n wit skyf teen ’n pikswart agtergrond.

Maar as jy wakker sit, soos Roedolph, en jou foto neem terwyl die laatmiddag se kleure – die diepblou, appelkoosp­ienk en pers skakerings – nog laag teen die horison hang, dan is die kontras tussen die maan en jou agtergrond nie te groot nie.

Voeg hierby ’n silhoeët in die voorgrond, soos ’n boom, gebou of windpomp, en jou maanfoto begin behoorlik skitter.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa