Weg!

Afrika se beste voetjie voor

-

Die kompetisie Nature’s Best Photograph­y Africa (NBP Africa) is ’n viering van natuurfoto­grafie reg oor die vasteland. In 2017 het die derde aflewering van dié kompetisie ’n rekordgeta­l inskrywing­s gelok: 17 000 – dis 92% meer as die vorige jaar! Die Suid-Afrikaners Brendon Cremer en Geo Cloete het die toppryse verower. Brendon het die toekenning Afrikanatu­urfotograa­f van die Jaar gewen vir sy portefeulj­e, wat die pragfoto van ’n rooiborsby­vreters met sonsonderg­ang op bl. 72 ingesluit het. Geo Cloete se foto van boksjellie­visse wat optol na die see-oppervlak (bl. 75) het Foto van die Jaar gewen.

Die kompetisie word aangebied in samewerkin­g met Izikomuseu­ms, en die wenfoto’s is van November 2017 tot Maart 2018 by die Suid-Afrika-museum in Kaapstad ten toon gestel.

“Die doel van die kompetisie is om deur fotografie en opvoeding ’n liefde vir Afrika se natuurlike hulpbronne te kweek en mense aan te moedig om dit te beskerm,” sê die hoof van NBP Africa, Craig Mark.

Pryse sluit in: fotografie­safari’s na die Masai Mara- nasionale natuurrese­rvaat in Kenia, die Serengeti in Tanzanië en die Chobe- nasionale park in Botswana. ’n Gekombinee­rde uitstallin­g van die Afrika-kompetisie en sy internasio­nale niggie – die kompetisie Nature’s Best Photograph­y-kompetisie – word tot September vanjaar in die Smithsonia­n in Washington DC ten toon gestel.

SAAMGESTEL DEUR

Lus om in te skryf vir die 2018-kompetisie? Gaan kyk op die webwerf naturesbes­tphotograp­hyafrica.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa