Weg!

CRAZY CRAYFISH DINER, KLEINZEE

-

tafeltjie sit en jou tjippies eet nie. Die Kleinzee-mense kom gesels en kort voor lank lag jy saam oor stories uit die ou diamantdae.

Die Crazy Crayfish Diner kan nagenoeg dertig mense op ’n slag akkommodee­r en is so informeel soos kan kom, ewe met ’n outydse speletjies­kamer met ’n veerpyltji­ebord, snoekertaf­el en foosball. Die meubels is ’n mengelmoes ( jy skuif dalk net in op een van daardie ou Spur-koeivelban­ke!), die mengelslaa­i lyk nes joune by die huis en dinge gebeur met hartlikhei­d en op die voornaam.

Die spyskaart bied nie ’n groot verskeiden­heid nie, maar jy sal wel iets vind wat jou mond laat water.

Die pizzas is gewild – probeer gerus die Short and Sweet (ham en pynappel) vir R70 of die Stink Vygie (biltong, vye en bloukaas) vir R90. Ek het ’n porsie diepgebraa­ide stokvis met slaptjips bestel (’n winskopie teen R70) en die vis was vars en die degie lig en bros.

Die Crazy Crayfish is dié plek waar die locals saans na werk kom ontspan – dís waar die gees heers. Soveel so dat die mense soms spontaan begin skoffel! Goeie ou Weskus.

– Sophia van Taak

Oop Dinsdag tot Saterdag van 6 nm. tot laat (bespreek vooraf ’n tafel). In skoolvakan­sies is die restaurant bedags oop en dan is bespreking­s nie nodig nie. Waar? Aan die eindpunt van Clarkestra­at. Vra vir die eerste mens wat jy teëkom (die straatname kan verwarrend raak). GPS S29.680622 E17.06416 Kontak 073 5474 948 (Natalie Weyers); nats.weyers@gmail.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa