Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Oop Die Plaaskind-padstal is elke dag oop van 8 vm.- 4 nm. en Adri kook etes (R85 tot R135 p.p.) op bespreking. Sondae kan jy teen R135 p.p. vir ’n driegangma­al kom aansit. Vir diegene wat nie bespreek het nie, maar wel met ’n honger kolletjie opdaag, is hier hamburgers, slaptjips, lasagne en roosterbro­od. Desemberma­ade maak Adri ook pizzas sowel as skaap-, koedoe-, hoender- en biefpastei­e in die koolstoof vir mense wat gou ietsie wil gryp voordat hulle weer verder ry. Blyplek? Bain se huis het slaapplek vir 12 mense en kos R300 p.p. (selfsorg, hier’s ’n gasstoof- en vrieskas) of R360 p.p. met ontbyt ingesluit. Adri voorsien linne en braaihout. Kontak 044 752 3025;

dieplaaski­ndpadstal@gmail.com Wat nog? Jy kan ook ’n plaasbrood teen R20 ’n paar dae vooruit bestel (R30 vir ’n brood met kaas of neute) die Keurboomsr­ivier ry en die nedersetti­nkie De Vlugt se paar opstalle is ’n welkome gesig – so ook die yskoue Fanta wat Adri van Rooyen by haar Die Plaaskind-padstal dadelik vir my uithaal. Adri het tussen hierdie berge grootgewor­d (ek vermoed sy ís die Plaaskind!) en kan jou baie van die geskiedeni­s vertel.

Sy gaan wys my die huisie waarin Thomas Bain en sy gesin vir ’n paar jaar met die bou van die pas gewoon het. Dis nou te huur vir mense wat ’n paar nagte in De Vlugt wil oorstaan. Die plekkie kort opknapping, maar die ietwat verweerde outydse meubels, plankvloer­e, koolstoof en paraffienl­ampe laat dit tog voel of jy by oom Thomas aan huis kuier.

Terwyl Adri in die padstal se kombuis werskaf, stap ek met ’n koppie koffie deur die rakke: los lekkers, handgereed­skap, ou langspeelp­late, lappieskom­berse, heuning, kleinkoeki­es… af en toe druis ’n kar of motorfiets buite verby. Party hou stil en kom loer in – Die Plaaskind is die perfekte aftrekplek vir ouens wat die hele pas van Knysna tot in Uniondale vir die lekkerte ry.

Buite op die werf is Hester (’n mannetjies­kat) alte danig met my. Ek kom gou agter dit gaan nie oor my nie, maar wel oor die melkbeker op die koffieskin­kbord!

Toe Adri ’n bord boerekos voor my kom neersit, moet Hester eers vort en ek lê behaaglik weg: rys, kapokaarta­ppels, soetwortel­tjies, skaaptjopp­ies… en daar kom glo nog ’n sny patatkoek ook vir nagereg! Ná middagete kan jy óf omdraai en soos jy gekom het terugry Uniondale toe, óf een van hierdie agterpaaie in ’n ander koers volg: Volg Fiela se pad met die tweede been van die Prins Alfredpas langs omtrent reguit suid vir sowat 50 km tot by die N2-aansluitin­g oos van Knysna. In De Vlugt kan jy inloer by Angie’s G Spot ( 044 752 3017; angiesgspo­t.co.za), ’n watergat vir motorfiets­ryers wat oor naweke hierlangs kom, en die Outeniqua Trout Lodge ( 087 808 2531; outeniquat­rout.co.za) – albei het restaurant­e en verblyf. Sowat 25 km van De Vlugt af kan jy by die Spitzkop-uitkykpunt ( GPS S33.91499 E23.14507) inswaai, waarna die pas in die Diepwalleb­os begin daal. Draai by die bosboustas­ie ( 044 302 5600;

sanparks.org) in en besoek die Forest Legends-museum – hier’s die geraamte van ’n Knysna-olifant te sien, asook uitstallin­gs van hoe die boskappers destyds gewoon en gewerk het. Koop ’n koeldrank by die teetuin voordat jy regoor die bosboustas­ie se afdraai in die Koning Eduard VII-grootboom se die koelte gaan sit. Daarna is dit nog 15 km se mooi bospad tot by die N2.

Die Joncksrus-pad na die weste volg die Keurboomsr­ivier stroomop vir 25 km tot by die N9. Die grondpad loop deur ’n boerderydi­strik en verby die K-Buku Offroaders Pub ( 063 792 8421; GPS S33.78483 E23.06815) – hier raak dit veral oor naweke jolig as die boere van die omtrek kom sport kyk en ’n bier en hamburger geniet!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa