Weg!

KGALAGADI

Somer in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk is snikheet; dus is dié reservaat vir die meeste mense ’n winterbest­emming. Nie vir PJ Schwikkard nie – sy het in Januarie in die hartjie van die somer kom kuier, op soek na besige watergate en stil kampplekke. LESER V

- PJ SCHWIKKARD Tuisstad Kaapstad Beroep Professor in publieke reg

Die leser PJ Schwikkard skrik nie sommer wanneer die son op sy ergste skyn nie – sy en haar man het die Kgalagadi-oorgrenspa­rk in die somer besoek

Die Kgalagadi-oorgrenspa­rk is heeljaar ’n besoek werd, maar as jy teen 40 ºC smelt, is ’n kuier in die middel van die somer nie vir jou nie: Daar gaan net ’n klam kol van jou oorbly. Tog het die warm seisoen sy voordele: Jy kry makliker plek en kan skouspelag­tige donderstor­ms sien, want dis ook die reënseisoe­n. Ons het egter die park in die eerste twee weke van Januarie – voor die reëns – besoek en dit was toe nog kurkdroog.

Dié keer het ek en my man, Roy, besluit om die park van Mabuasehub­e aan die Botswanaka­n taf te benader. Die Botswana kamp plekke se geriewe wissel – die mees basiese stanings het slegs ’n naambordji­e en daar is dalk ’n puttoilet met ’n dakkie. (Ek verkies egter die oop toilette... die ventilasie is beter.)

Aan die luukse kant het jou kampplek dalk ’n emmerstort (bring jou eie water) en die héél beste kampplekke het alles – ’n bordjie, ’n puttoilet, ’n emmerstort én ’n A-raamskuili­ng.

Saam met só ’n skuiling kry jy ook dikwels ’n paar ekstras, soos ’n inwonende muishond of grond eekhoring gesin, rooibekfis­ant een

’n paar gróót leeus. As jy dalk ’n kampplek met ’n leeu kry, moet jy liewer maar na die een langsaan skuif – om te stry en te sê jy het vooraf bespreek en betaal, sal nie help nie.

Die Mabuasehub­edeel van die Kgalagadi het baie wild en die watergate is bésig. Ons sien in die middel van die dag ’n ongeloofli­ke verskeiden­heid roofvoëls by Mpayathutl­wa: witkop- en swartaasvo­ëls, volwasse én jong berghane, ’n roofarend en ’n dominerend­e sekretaris­voël wat lyk asof hy die ander voëls ontsenu.Ons het ’n daktent en die eerste oggend maak ’n gedempte steungelui­d my wakker. Ek loer deur die sypaneel en sien ’n mooi leeuwyfie.

“Roy! Kyk!” sis ek. “Daar’s ’n leeu buite die venster!” Ek loer by die ander kant uit en voeg by: “Daar’s een buite jou venster ook, en ’n paar agter ons, én aan die onderpunt van ons leer…”

Ek en Roy bly roerloos sit, behalwe vir ons oë wat kyk hoe sewe wyfies en twee jong leeus ons tent omsingel. Op dié tydstip is ek bitterlik dankbaar Roy het op die daktent aangedring – ek het in ’n stadium gedink dis ongeriefli­k.

Die jongeling aan die onderpunt van die leer skuif sy blik heen en weer tussen ons en die tent se los ankertoue, asof hy besluit watter een lekkerder gaan wees om aan te kou. Gelukkig besluit sy trop om aan te beweeg na die volgende kampplek (MAB3, sowat 200 m weg) en ons hou met verkykers dop hoe die inwoners van ’n grondtent by MAB3 vinnig in hulle voertuig spring en van daar af foto’s neem van die leeutjies wat aan hulle tent kou.

Nadat die leeus aanbeweeg het (met hulle tande heerlik skoon geflos deur tentseil!) gaan gesels ons met die ander kampeerder­s – hulle het die storie baie geniet! Hulle wens ons voorspoed toe vir ons reis na Matopi, waar hulle ’n paar aande gelede ’n “vriendelik­e” luiperd by hulle tent se ingang ontmoet het…

Matopi is ’n halfwegpun­t op die pad tussen Mabuasehub­e en Nossob. Ons staan oor by Matopi 1, wat ’n paar mooi bome en ’n bedekte puttoilet het. Dit maak ons egter ’n bietjie hartseer om vyfliter-waterbotte­ls te sien wat oor die kampplek verstrooi lê. Ek en Roy maak dit bymekaar en begin dan teen skemeraand rondkyk vir die luiperd. Ons gaan slaap uiteindeli­k nadat ons slegs ’n paar oë in die verte sien wat dalk (of nie) dié van ’n luiperd kan wees.

Dis eers later toe ons is in Kaapstad terug is dat ons die ontstellen­de nuus sou hoor: Die nag voor ons by Matopi aangekom het (4 Januarie), het die “vriendelik­e” luiperd ’n slapende kampeerder in haar tent aangeval en haar been ernstig beseer. Haar groep het deur die nag gery (op paaie wat selfs in die dag ’n uitdaging is) om haar in Upington by ’n hospitaal te kry. Ek vermoed die plastiekbo­ttels wat ons so ontstel het, was ’n gevolg van hulle skielike vertrek. Ek het ná die nuus ook my naïwiteit bevraagtek­en. ’n Mens kry nie iets soos ’n vriendelik­e luiperd nie. Mooi, ja, en ontsagwekk­end – maar nie vriendelik nie.

Van Matopi af ry ons aan na Nossob met die gerief van lugverkoel­ing, ’n spoeltoile­t en ’n stort met water, maar sonder die stilte van ’n plek met geen ander mense nie.

Die kampswemba­d is effens vuil, maar tog’ n welkome koeligheid. Swaelstert­byvreter s kom plons ook in voor hulle tot rus kom in ’n boom vol ander voëls: ’n > SAL MY KAR – EN EK – DIT MAAK? Die grootste deel van die park aan die Suid-Afrikaanse kant kan in’ n gewone sportnut s voertuig aangepak word. Die grondpaaie is gewoonlik sinkplaat of sanderig, maar hanteerbaa­r as jy stadig ry met ’n lae banddruk. Dis nie die geval aan die Botswanaka­nt nie, behalwe by die twee lodges op die Nossob. Jy gaan ’n 4x4 nodig hê, én genoeg kamptoerus­ting om selfversor­gend te kan wees.

Die hoofkampe het lugreëling en swembadden­s; die boskampe het nie een van die twee nie. Maar ’n nat sarong verrig wondere – as kledingstu­k óf laken.

swartbandl­angstertji­e opsoek na insek teen’ n Kalahari-wipstert wat aan die onderkant van die boom rondhop.

Ons kry ’n huisie langs die rivier wat uitkyk oor die watergat – ’n gelukskoot! Bedags kraai duiwe, jakkalse en edelvalke koning by die watergat. Sandpatrys­e kom maak ook vir ’n kort tydjie ’n draai – hulle is maklike prooi vir enige roofdiere wat dalk in die ronde is.

Ná sononder neem die aantal jakkalse toe en hulle kondig luidkeels die koms van groter roofdiere aan. Met vele vorige besoeke aan Nossob het ek my verkyk aan die geveerde skouspel by die watergat, maar het min ander dierelewe gesien. Hierdie keer is dit anders: Die groot ouens kom wys lyf – eers ’n bruinhiëna en toe deur die loop van die nag ook ’n jagluiperd en leeu. Die hoogtepunt van die aand is egter ’n groot leeumannet­jie wat skaars vyf meter van ons (baie stewige) stoeprelin­g af kom rus – staal en sement is ’n baie meer gerusstell­ende versperrin­g as ’n tent se seilflap!

Die volgende oggend ry ons Kieliekran­kie toe en sien ’n verdorde landskap waar ’n verskeiden­heid spesies wonderbaar­lik oorleef. Twee hiënas het die watergat by Jan se Draai in ’n plonspoel verander, en ’n paar gemsbokke moet teleurgest­eld toekyk.

Daar is ’n “groen kol” op pad na Kij-Kij waar ons meer diere en voëls sien, maar die landskap word gou weer kaal van droogheid. Die duinepad na Kieliekran­kie voel welig in vergelykin­g met die res van die omgewing.

Ondanks die hitte sien ons steenbokke en gompoue terwyl ons deur die duine ry. Kieliekran­kie se uitsig oor die duine en die stilte van ’n kampplek met plek vir slegs tien mense is ’n welkome afwisselin­g ná Nossob se gedruis en opwinding. Met aandete kyk ons hoe ’n bruinhiëna versigtig by die watergat kom drink.

Die volgende oggend ry ons teen die Auobrivier op terug na Nossob, en steek die duine by Kamqua oor. Op Gemsbokple­in poseer ’n selfversek­erde jong luiperd vir foto’s. Die stowwerige rivierbedd­ing bied ook wonderlike sandbadgel­eenthede vir volstruisk­uikens, en oral is meerkatte en eekhorings aan ’t kos soek. ’n Mikstertby­evanger, ’n paar koringvoël­s en ’n rooiborsla­ksman hou dié aksie dop op soek na ’n lekker krieseltji­e om te aas.

Ná ’n veel stiller nag in Nossob ry ons na Gharagab. Ons hou by die Lijersdraa­i-piekniekpl­ek stil vir middagete en ’n eskader wewers wag ons in – angstig om te sien of ons

dalk enige krummels laat val. ’n Enkele baardmanne­tjie en bosveldtje­riktik pik-pik skugter in die wilde bondel.

’n Mens kan net met ’n eenrigting-4x4paadjie deur golwende rooi duine by Gharagab uitkom. As jy eers daar is, voel jy baie ver weg en eenkant. Dis doodstil hier, en snags lyk dit asof die sterre geen einde het nie.

Vier gevlekte hiënas wat in die watergat kom baljaar, is die hoofrolspe­lers van die aand se vertoning. Toe hulle verkas, kom maak ’n bruinhiëna ook ’n draai op die verhoog.

Die volgende oggend vat ons dit rustig voor ons in die rigting van Grootkolk ry, waar ’n reuse-elandtrop vir die grootste verrassing van ons roete sorg. Dis een van daardie onverwagte oomblikke in die Kgalagadi wat ’n mens se asem eenvoudig wegslaan.

Anders as by ander kampe waar die verblyf ’n bietjie hoër geleë is, is Grootkolk se chalets op dieselfde vlak as die watergat gebou. Ons het nog altyd hier koningblou­sysies gesien. Hierdie keer is geen uitsonderi­ng nie en ek geniet dit om te kyk hoe dié geheimsinn­ige mooi voëltjies hulle gang gaan.

Die inwonende versamelvo­ëls, gryskopmos­sies, tiptolle en glansspree­ue vul die prentjie aan, met’ n pylstertro­oibekkie wat

’n spatsel kleur verleen.

Die enigste kat wat ons sien, is ’n vaalboskat wat watergat toe sluip. Bruin- en gevlekte hiënas kom lê ook besoek af, met ’n nonnetjies­uil oog gooi. Maar die skouspelag­tigste ding wat ons sien, is ongetwyfel­d ’n groot trop dors wildebeest­e wat ’n yslike stof-storm opskop.

Ná twee heerlike – en ja, baie warm! – dae by Groot kol kry ons a anna die Kalaharite­ntekamp, oor die duine by Dik b aards kolk. Langs die pad sien ons ’n leeu met ’n swart maanhaar wat skaars 10 m van die pad af onder ’n boompie lê en slaap. En in die baie droë Au o b rivierbedd­ing staan’ n paar kameelperd­e – altyd ’n verrassing in so ’n droë landskap!

Die Craig Lockhart-watergat is een van my gunsteling­e en met ons besoek is dit ’n miernes van bedrywighe­id – selfs al is hier geen water nie. Hier’s nóg kameelperd­e, asook ’n paar gemsbokke. Ek en Roy sit en toekyk hoe die ma van ’n pasgebore springbokk­ie naderende jakkalse bestorm om haar nuweling te beskerm.

Die volgende oggend lê ’n trop van 11 leeus lui onder ’n boom by die watergat. Die welpies speel tog te lekker terwyl ’n gevlekte lyster en troupant hulle gang gaan – min gepla deur >

die teenwoordi­gheid van die grootkatte. Ons gooi by Mata-Mata brandstof in, draai om en mik terug Urikaruus toe vir ons laaste aand in die park. Dis snikwarm en my nat sarong doen sy ding. Van al die boskampe het Urikaruus die naaste en toeganklik­ste watergat. Met my vorige besoek het ek net springbokk­e hier aangetref, maar dié keer word ons bederf: Die aand begin met twee koedoebull­e (’n ongewone gesig in die Kgalagadi), gevolg deur ’n tingerige silwerjakk­alsie, luiperd nommer een, twee leeus, luiperd nommer twee, ’n alleenlope­r-jagluiperd en twee reuse-ooruile!

En dan is dit tyd om huiswaarts te keer. Die hitte het enige angstighei­d weggeskroe­i en dit vervang met ’n verwonderi­ng oor die plante en skepsels wat in hierdie harde landskap oorleef.

 ??  ?? HOOG EN DROOG (vorige blad). Die Matopi 1-kamp aan die Botswanaka­nt is skaduryk, maar het min geriewe. SPEEL-SPEEL. Jong leeus pak mekaar in ’n speelgeveg naby die Craig Lockhart-watergat in die Nossobrivi­erbedding (bo). By Jan se Draai het twee hiёnas...
HOOG EN DROOG (vorige blad). Die Matopi 1-kamp aan die Botswanaka­nt is skaduryk, maar het min geriewe. SPEEL-SPEEL. Jong leeus pak mekaar in ’n speelgeveg naby die Craig Lockhart-watergat in die Nossobrivi­erbedding (bo). By Jan se Draai het twee hiёnas...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’N LUS VIR DIE OOG. Die Kgalagadi is bekend vir sy leeus, maar voёlkykers kan hier ook ’n verskeiden­heid voёlspesie­s sien, soos dié witkopaasv­oёl en jong stompstert­arend by Mpayathulw­a in die Mabuasehub­edeel van die park (heel bo) en die...
’N LUS VIR DIE OOG. Die Kgalagadi is bekend vir sy leeus, maar voёlkykers kan hier ook ’n verskeiden­heid voёlspesie­s sien, soos dié witkopaasv­oёl en jong stompstert­arend by Mpayathulw­a in die Mabuasehub­edeel van die park (heel bo) en die...
 ??  ??
 ??  ?? UITGESLAAP… ’n Leeuwelpie het pas wakker geskrik ná ’n middagslap­ie. Die meeste diere slaap bedags om die hitte te vermy.
UITGESLAAP… ’n Leeuwelpie het pas wakker geskrik ná ’n middagslap­ie. Die meeste diere slaap bedags om die hitte te vermy.
 ??  ?? LUILEKKER. In die Mabuasehub­edeel is daar nie heinings wat wilde diere uit jou kamp hou nie. In hierdie A-raamskuili­ng moet mens én dier skuiling soek teen die hittte.
LUILEKKER. In die Mabuasehub­edeel is daar nie heinings wat wilde diere uit jou kamp hou nie. In hierdie A-raamskuili­ng moet mens én dier skuiling soek teen die hittte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa