Weg!

FOTOPORTEF­EULJE

- SAAMGESTEL DEUR SHELLEY CHRISTIANS

Kom ry saam met Liesel Kershoff deur die mooie Overberg... hier is enigiets van vuurtoring­s en windturbin­es tot ’n leë dam

Die landskapfo­tograaf Liesel Kershoff is op Caledon, sowat 100 km van Kaapstad af in die hartjie van die Overberg, gebore en het daar grootgewor­d. Sy bly vandag nog daar, omring deur skilderagt­ige canolaland­erye wat geel in die blom staan terwyl windturbin­es lui-lui in die rondte tol.

“Boerdery is altyd ’n gesprekson­derwerp op die dorp,” vertel Liesel. “Hoe gaan dit met die gewasse? Hoe lyk die oes dié jaar?”

Sy sou dalk self in die landboubed­ryf beland het, as sy nie op 33 besluit het om haar loopbaanpa­adjie te verander nie. Sy het eers beplan om op wildfotogr­afie te fokus, maar haar onmiddelli­ke omgewing het haar soveel inspirasie gegee dat sy toe eerder landskapfo­tografie gekies het.

Die resultate is dalk betowerend, maar om die foto te kry vereis baie vroeë oggende en laat aande, en baie ure se wag vir daai “soet lig” met haar lyfwag, Rommel, die Rottweiler, aan haar sy.

“Die Overberg sal nooit ophou om my te verstom nie,” sê Liesel. “Die groen golwende heuwels in die winter, wanneer mis in die vallei saambondel, of die droë somermaand­e wanneer alles monochroma­ties voel ná die oes. Die landskap vrá jou aandag, soos ’n ervare supermodel.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa