Weg!

PIERRE SE BRIEF

- REDAKTEUR PSteyn@media24.com

Ek is net-net ’n paar jaar te jonk om te onthou waar ek op Vrydag 22 November 1963 was toe John F. Kennedy in Dallas, Texas, doodgeskie­t is. Maar gesels jy met Amerikaner­s ouer as 65, sal hulle vir jou presies kan sê waar hulle was en wat hulle gedoen het toe hulle die nuus gehoor het.

Daar is nog sulke geskiedkun­dige oomblikke: Prinses Diana se dood op 31 Augustus 1997 in Parys, of die terreuraan­valle op die World Trade Center in New York op 11 September 2001. Mense trek soms los met: “Ek was besig met sus of so... waar was jy?”

Dis egter nie net donker nuus wat mense onthou nie. In my geval slaan groot sportoombl­ikke ook vas in die geheue: Gerrie Coetzee wat op 24 Junie 1979 vir Leon Spinks binne die eerste twee minute van die eerste rondte katswink slaan (ek het nog nie eens kans gehad om my beskuit in my koffie te doop nie). Die Aussie-kolwer Cameron Bancroft wat op 24 Maart 2018 op Nuweland op die grootskerm met sy hand in sy broek betrap word (’n mens moet jou nie in ander se teëspoed verlustig nie, maar my Castle Lager het daai middag besonders lekker gesmaak). En natuurlik die groot oomblik op 24 Junie 1995 toe Joel Stransky op Ellispark sy skepskop oorklits en die Springbokk­e teen die magtige All Blacks hulle eerste Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi wen. Ek en my vrou was op vakansie in die Natalse Middeland, in ’n chalet by Midlands Saddle and Trout naby Mooirivier. Ons het langs ’n knetterend­e kaggel op die rusbank voor die televisie gelê en ons hees gegil.

Ek’s bly om te sien Saddle and Trout is nou – 23 jaar later – steeds aan die gang (lees op bl. 44). Die Middelland van my geboortepr­ovinsie bly een van my gunsteling­plekke om te kuier, en dis nie net oor ek die Springbokk­e daar sien wen het nie. Ek hoop elkeen van julle het ’n plekkie wat julle met goeie herinnerin­ge vereenselw­ig…

 ??  ?? TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF! Ons weet ’n maand is ’n lang tyd om vir jou gunsteling­tydskrif te wag. Bly intussen op die hoogte van alles wat by Weg aan die gang is deur in te teken op ons nuusbrief by weg.co.za
TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF! Ons weet ’n maand is ’n lang tyd om vir jou gunsteling­tydskrif te wag. Bly intussen op die hoogte van alles wat by Weg aan die gang is deur in te teken op ons nuusbrief by weg.co.za
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa