Weg!

KOBUS VAN DEN BERG

-

van Nigel skryf: Dié foto is in my dogter se tuin geneem. Is die goeters giftig, aangesien hulle ’n dogtertjie het wat daaraan sal wil vat, en dalk selfs een wil eet.

Die insekkenne­r DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis wasdopluis­e van die Coccidaefa­milie. Dit lyk soos ’n bolletjie gesmelte was met bruinpienk strepe. Die nimfe is plat en ovaal met die kenmerkend­e skubbe.

Die nimfe leef vir sowat ’n jaar op blare en beweeg dan na takke waar hulle die res van hulle lewe deurbring. Hulle suig plantsappe uit met hulle lang, dun monddele. Hulle val die blare, takke en stingels van gasheerpla­nte aan. Die dopluise beïnvloed die lewenskrag­tigheid en groei van die plant, maar rig nie langtermyn­skade aan nie. Soms vorm swart skimmel rondom die besmette deel. Hulle hou veral op sitrusbome en ek sien hulle gereeld op die vetplante in my tuin. Hulle is nie giftig nie, maar proe beslis nie soos jellielekk­ers nie!

CARMEN STUART van Johannesbu­rg skryf: Ek het dié bidsprinka­an gewaar wat ’n by vreet. Ek is egter nuuskierig oor die vliegies op die by en die bidsprinka­an. Ek het al gelees van vlieë wat op bye paratiseer – is dit wat hier gebeur?

Die insekkenne­r DUNCAN MACFADYEN antwoord: Carmen is heeltemal reg. Die bidsprinka­an vreet ’n heuningby. Die vlieë word jakkalsvli­eë genoem en vreet die “bloed” van die by. Daar is nie volledige inligting oor die vlieë nie, maar hulle word beskou as kleptopara­siete van roofinsekt­e.

Die vlieë aas op die sappe van die prooi van bidsprinka­ne, spinnekopp­e, perdebye en roofvlieë. Hulle is die jakkalse van die insekwêrel­d.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa