Weg!

AGTER DIE SKERMS

-

Die uitvoerend­e hoof van Deep VR, Ulrico Grech-Cumbo, beantwoord ’n paar vrae oor fliek Exodus: The Great Migration.

Hoekom het julle juis die wildebeesm­igrasie gekies? Die fliek is ’n groot eksperimen­t: Ons probeer uitvind watter toekoms daar vir dié formaat is en hoe ’n mens daaruit geld kan maak. Ons wou eerste wees om te eksperimen­teer met opwindende materiaal – daar is niemand anders wat op die oomblik ordentlike natuurlewe­flieks in VR maak nie.

Wat is die grootste verskil tussen videomater­iaal skiet vir ’n gewone dokumentêr­e prent en een wat in VR gemaak word? VR het nie ’n raampie nie; dus neem dit in alle rigtings af, terwyl ’n gewone dokumentêr­e prent ’n raampie rondom die aksie het. Daarom kan sulke flieks met zoemlense van byvoorbeel­d agterop wildkykvoe­rtuie geskiet word, terwyl ons die kamera ín die aksie moet sit (voor die aksie gebeur!) om bruikbare materiaal te kry.

Watter uitdagings was daar met die maak van die fliek? Ons wou veral graag die rivierkrui­sings afneem omdat dit gewoonlik die gevaarliks­te deel van die migrasie is – maar die Mararivier strek basies oor die hele suidelike deel van die Mara-driehoek in Kenia, en dit was dus moeilik om te voorspel waar hulle gaan oorsteek.

Die tye was net so moeilik om te bepaal – ons moes ons kameras vooraf opstel en dan hoop op die beste.

Ons het ons bes gedoen om die kameras te kamoefleer en by die natuurlike omgewing te laat inpas, maar om goeie materiaal af te neem moet dit sigbaar wees.

Die diere sou dikwels tot op die oewer kom, die kameras sien, en net daar staan en vir die rivier staar terwyl ons kamerabatt­erye al papper word!

– Suzaan Hall

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa