Weg!

GOED OM TE WEET

’n 360°-blik op die wildebeesm­igrasie

-

Wie het gesê jy hoef self na die Maasai Mara-park in Kenia te reis om die bekende wildebeesm­igrasie te sien? Met die gebruik van virtuele realiteit ( VR) maak ’n Suid-Afrikaanse produksiem­aatskappy dit moontlik om te voel asof jy self daar is.

Deep VR se dokumentêr­e fliek Exodus: The Great Migration handel oor dié migrasie. Met VR-tegnologie kan ’n mens 360°-video’s neem – dit voel dus vir die kyker asof hy self staan waar die kamera geplant is.

Hoe kyk ek die VR-film? Die heel beste manier om dit te sien is met ’n VR-kyker, soos Google Cardboard – dit kos vanaf R89 by takealot.com; soek vir “virtual reality headset”. Dis ook te koop in tegnologie­winkels.

Dis ’n kopstel, ’n soort kartonbril wat bo-oor jou foon pas. As jy dié “bril” dra en op jou selfoonske­rm na ’n VR-video kyk, voel dit asof jy bínne-in die aksie staan en jy hoef net jou kop te draai om te kyk wat “agter” jou gebeur.

Deep VR het ook die dokumentêr­e fliek aanlyn beskikbaar gemaak sodat enigiemand (sonder ’n kopstel) daarna kan kyk. Onthou, as jy dit op YouTube kyk, moet jy op die pyltjies op die skerm druk om die rigting waarin jy “kyk” te verander.

Waar? Gaan na deepvr.co.za/exodus/ vir instruksie­s en ’n skakel na die YouTube-video. Die dokumentêr­e prent is 9 minute lank. Daar is ook ’n 30 minute lange video wat ’n kykie agter die skerms gee en verduideli­k hoe die film gemaak is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa