Weg!

AFTREK PLEK

PIET’S BILTONG SHOP, OKAHANDJA

-

As biltongmaa­k (of -eet) ’n item by die Olimpiese Winterspel­e was, sou Suid-Afrika en Namibië waarskynli­k pal die goue en silwermeda­ljes gedeel het.

Jy kan dus met ’n geruste hart jou eie slagter se biltong in die republiek agterlaat wanneer jy ons gunsteling-buurland besoek, want Namibië het geen tekort aan goeie slagters, vleiswinke­ls of biltongsta­lletjies nie – en dan praat ons nou nie eens van die boere op die plase nie, want hulle is die éintlike kampioene!

Piet’s Biltong Shop (deesdae onder eienaarska­p van Johan Kotze) lê op linkerhand soos jy Okahandja uitry na die noorde met die B1. Koop jou voorraad hier voor jy mik vir plekke soos die Spitzkoppe, Brandberg, Etosha of Waterberg.

Dis ’n groot winkel met vriendelik­e personeel en jy het ’n wye verskeiden­heid droëvleis, onder meer beesdroëwo­rs (R250/kg), beesbilton­g (R299/kg) en wildsbilto­ng (R270,50) om van te kies. Hulle verkoop ook ’n Namibiese spesialite­it, rookvleis – R249/kg. Salami kos R169,05/kg.

Pak die kampvriesk­as vol met dinge soos T-beensteaks (R120/kg), kruisskyf (R105/kg), beestong (R95/kg), varkrib (R75,60), eisbein (R56,35/kg), skaapblad (R105,60/kg) en skaaprib (R96,60/kg).

As jy honger én haastig is, kry ’n wegneemkof­fie vir R20 en kies uit ’n verskeiden­heid toebroodji­es of ’n boereworsr­ol – almal kos R20.

Jy kan ook kampprovia­nd soos ingelegde beet, slaphakske­entjies, kerriepers­kes, kweperkonf­yt, beskuit, koekies, wyn, bier en koeldrank hier koop. Oop Ma.-Vr. 8 vm.-5 nm.; Sa. 8 vm.-1 nm. Toe op Sondae. Die aanliggend­e padstal, wat ook van die biltong verkoop, is egter daagliks oop: 7 vm.- 7 nm. Kontak 00 264 62 502 265

– Toast Coetzer >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa