Weg!

LEWE IN DIE RICHTERSVE­LD

-

Hendrik Prins is is al sewe jaar lank die gasvryheid­sbestuurde­r van die park. Hy maak seker dat al die kampplekke en wildernisk­ampe na omgesien word, of soos hy dit stel: “Dis my job om jou gelukkig te laat voel en jou te laat smile.” Wat is jou gunsteling­plek in die park? Kokerboomk­loof – dis uniek. Daar is altyd iets wat my verras hier, of dit nou ’n boom is wat omgeval het, of die dag wat jy daar kom en dit reën. Hoe hou jy dit uit in die somer? ’n Mens raak dit gewoond – tussen November en Februarie raak dit gereeld warmer as 40°C. Kokerboomk­loof is gemiddeld die warmste plek in die park, maar die hoogste temperatuu­r wat ons al hier gemeet is, was 62°C by Gannakouri­ep – in die koelte. Ons was ’n paar dae in die park, maar behalwe vir dassies en klipspring­ers het ons nie veel wild gesien nie. Hier is eintlik baie wild: gemsbok, springbok, koedoe, rooihartbe­es en bergkwagga. Maar jy gaan hom nie sommer sien nie. Hulle verkies die berge of die gebiede naby water, en wanneer hulle voertuie hoor, hou hulle hulle skaars. Hier is ook luiperds. Ons het vars spore van ’n groot kat naby Tatasberg gesien. Kon dit dalk ’n luiperd gewees het? Vir seker. Ek het een mannetjie se spoor op en af met die rivier gevolg. En hy is gereeld daar tussen Richtersbe­rg en Tatasberg, want daar is baie veeposte. Kom die natuurbewa­arders en die boere in die park goed oor die weg? Daar is nie regtig wrywing tussen natuurbewa­arders en die boere nie. So nou en dan is daar ’n probleem, maar dan sort ons dit uit. Dis nodig om die vrede te bewaar.

Die plekkies wat jy in die park sien, is nie ’n nedersetti­ng nie; dit is net ’n veepos.

Langs die veepos is die kokskerm, wat die boer se kamp is. Gewoonlik slaap hulle sommer buite; binne die kokskerm bêre hy net sy goed, soos sy koffie, klere, visolie en wat ook al.

Die boer gaan in die middel van die oggend uit, dan stap hy agter die bokke aan na die weiveld toe. Saans stap hy weer terug na ’n veepos toe – die bokke weet hoe laat om te begin stap. En vanaand slaap hy dalk by ’n ander veepos. Hoe baie van dié boere is in die park? Daar mag 36 wees, maar tans is daar net 33. Hulle mag ook nie meer as 6 600 bokke in die park hê nie; hulle boer net met boerbokke. Watter raad het jy vir mense wat nie ’n 4x4 het nie as hulle die park kom besoek? Bly weg van die tawwe passe soos Domoroghpa­s. Akkedispas het ’n een steilerige klipdeel wat jou nie probleme behoort te gee nie – dis makliker om dit van bo na onder te ry. Beplan dus jou roete sodat jy by Helspoort die park binnegaan en eindig by Sendelings­drift, want dan ry jy Akkedispas makliker.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa