Weg!

MIDMARDAM-NATUURRESE­RVAAT

-

Die Midmardam is vir watersport­liefhebber­s. Hier kan jy seil, visvang, op jou waterponie rits, waterski of kom oefen vir die bekende Midmarmyl.

Dis ’n groot oord van meer as 2 000 ha, met Munrobaai naby die seilklub die “hoofstad”: Hier is altesame 47 chalets van verskillen­de groottes en 31 kampplekke wat oor die dam uitkyk. Die Morgenzon(176 staanplekk­e) en Dukuduku-kampterrei­n (43 staanplekk­e) is op die oewer van die dam met oorgenoeg skaduwee onder groot bome. Morgenzon lyk die beste van die drie kampplekke, want hier is jou uitsig oor die hele dam terwyl Dukuduku in ’n sloep geleë is.

Die chalets lyk asof dit ’n stewige opknap en veral ’n laag verf nodig het... ’n mens huiwer om dit aan te beveel.

Geriewe Hier is ’n beperkte aantal kampplekke met elektrisit­eit – maak seker wanneer jy bespreek; die naaste winkel is in Howick (5 km); swembad (slegs vir chalet-inwoners) en tennisbane.

Wat pla? Hoewel hier heelwat ablusieblo­kke in die onderskeie kampterrei­ne is, lyk dit ook maar aan die tam kant en kort ’n opknap.

Koste Dagbesoeke­rs R40 p.p. (volwassene­s), R20 (kinders jonger as 12). Kampplek by Dukuduku, Morgenzon en Munrobaai is R100 p.p.p.d. (sonder kragpunt) en R110 p.p.p.d. (met kragpunte). Daar is ’n volledige tariefkaar­t vir die chalets op die webwerf.

Hoe kom ek daar? Neem die R103-afrit (Howick/ Midmar) van die N3 af. Die aanwysings is duidelik.

Kontak 033 845 1000; bookings@kznwildlif­e.com; kznwildlif­e.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa