Weg!

THE KNOLL HISTORIC GUEST FARM, HILTON

-

Met die intrapslag is dit duidelik dié plaas is nie sommer van gister af hier rond nie, en kan van die ryke geskiedeni­s nageloop word op die oorblyfsel­s van ou waspore.

Die ou herehuis (Jan Smuts-huis, omdat dié staatsman blykbaar ’n keer daar oornag het) is omring deur verskeie kothuise: Van hulle het ’n verbinding­sdeur tussen twee eenhede (onder meer die Stables Cottage en die Creamery), in ander is ruim gesinskame­rs.

Die eiendom is redelik uitgestrek, en as jy nie lus is om voor die kaggel te kuier in The Barn met sy kroegie nie, is hier genoeg plek om bene te rek. Of maak oogkontak met die weiende perde.

As jy op ’n Woensdag hier is, gaan luister musiek in The Barn. Sorg dat jy betyds navraag doen en bespreek as jy vir ’n naweek wil oorbly, want dis ’n gewilde troubestem­ming.

Geriewe Elektriese komberse; Wi-Fi; braaigerie­we; swembad; skoonmaakd­iens (bespreek vooraf); sommige eenhede het ’n toegeruste kombuisie terwyl ander slegs ’n mikrogolf en ketel het. Etes is op versoek beskikbaar.

Wat pla? Sommige eenhede deel ’n badkamer en kombuisie, dus boet jy privaathei­d in as julle nie van dieselfde groep is nie.

Koste As jy jou begroting moet laat klop, oorweeg die Khaya Budget-enkelkamer van R460 p.n. per eenheid (2 mense); Stables Cottage Budget-opsies (tot 4 mense) vanaf R500 p.n. per eenheid; Groenekloo­f 1/3/4-gesinskame­rs (tot 5 mense) vanaf R760 p.n. per eenheid.

Hoe kom ek daar? Neem die Hilton-afrit van die N3 en ry van die tweede stel verkeersli­gte nog sowat 2,5 km tot by Knollrylaa­n – die plaas word goed aangedui op linkerhand.

Kontak 076 555 5408; theknoll.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa