Weg!

KAMBERG-NATUURRESE­RVAAT, UKHAHLAMBA-DRAKENSBER­GPARK

-

Kamberg is so genoem omdat ’n nabygeleë bergrant kompleet soos ’n haan se kam lyk. Hoewel dit een van Ezemvelo KZN Wildlife se kleinste natuurrese­rvate is, is die rustigheid gróót.

Kies uit verskeie dagstaproe­tes, gooi ’n piekniekko­mbers oop by een van die drie aangewese plekke daarvoor langs die Mooirivier, vang ’n forel, of gaan leer meer van die Sanrotskun­s by die Rotskunsse­ntrum. As jy verkies om die ware Jakob te sien gaan op ’n begeleide rotskunsto­er na die Game Pass Shelter.

Geriewe Toegeruste kombuis, eie braaiplek (bring jou eie hout). Hier is ’n daaglikse skoonmaakd­iens, maar jy moet jou eie skottelgoe­d was. DStv in die gemeenskap­like sitkamer.

Wat pla? Jy weet reeds hoe lyk Ezemvelo KZN Wildlife se chalets – basies en skoon. Bring jou eie steakmes.

Koste Tweebedcha­lets: vanaf R780 p.n.; sesbedchal­et: vanaf R900 p.n. vir 4 mense, R115 p.p. wat bykom. Dagbesoeke­rs betaal R40 p.d. (volwassene­s) en R20 p.d. (kinders jonger as 12). Begeleide staproete na die rotskuns R75 p.p.; permit vir forelvang R130 p.d.

Hoe kom ek daar? Neem die R103 van Mooirivier na Rosetta, en draai regs op Mpofanaweg (net verby die Rosetta-hotel; wees op die uitkyk vir die duidelike bruin padaanwyse­rs na Kamberg). Dis sowat 32 km teerpad, en die laaste 10 km is grondpad.

Kontak 033 845 1000; bookings@kznwildlif­e.com; kznwildlif­e.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa