Weg!

ST. ANDREW’S RETREAT, MOOIRIVIER

-

Die laaste keer wat jy in ’n kerk aan die slaap geraak het, was beslis nie so gemaklik soos in dié klein Anglikaans­e kerkie tussen niks en nêrens nie.

Paul en Jennifer Hindle het die kerk in 2013 omskep in gasteverbl­yf, en dit só gered van sloping weens ’n dalende lidmaattal.

Die ou loodglasve­nsters in die eertydse altaarruim­te (deesdae ’n sithoekie) is behou, so ook die doopvont wat deesdae dien as ’n kaggel vlak by die enorme eettafel waar ’n mens lang ure kan omkuier. In die syvleuels is ’n kombuis en lees-/TV-kamer onderskeid­elik ingerig.

Die atmosfeer is gesellig en ’n mens voel asof goedheid en guns op jou neergedaal het. Die tuin is eweneens ’n lafenis vir die siel, maar met jong kinders sal jy ’n oog moet hou op die oop waterfokus­punte.

Geriewe Kerk: Drie en suite-slaapkamer­s. Die kombuis is besonder goed toegerus, en het ’n gas- én koolstoof. Anneks: En suite-dubbelkame­r met ’n sithoek waar jy koffie en tee kan maak.

Wat pla? Bely jou sondes as jy iets hier kry om oor te kla.

Koste R600 p.p.p.n. (slaapplek vir 8 mense). Geen afslag vir kinders nie. Bespreek vooraf vir aandete (R180 p.p.) en ontbyt (R100 p.p.) as jy nie vir jouself wil sorg nie. Dit word in die kombuis berei deur Thembani Moyo, die kok en opsigter. Die kerk word slegs aan een groep op ’n slag verhuur, selfs al is julle net twee mense; ’n minimumtar­ief van R1 800 geld oor naweke.

Hoe kom ek daar? Van Midlands Saddle & Trout: Draai regs by die T-aansluitin­g bult-af, links by die T-aansluitin­g met die Giant’s Castle-pad. St. Andrews Retreat is sowat 1,4 km verder op regterhand.

Kontak 033 266 6101; 083 376 0150 (Paul Hindle); standrewsr­etreat.co.za

 ??  ?? ST. ANDREW’S RETREAT, MOOIRIVIER
ST. ANDREW’S RETREAT, MOOIRIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa