Weg!

MIDLANDS SADDLE & TROUT, HIDCOTE

-

Dié verblyfple­k is by uitstek ’n afpakplek vir gesinne. Hier is soveel dinge om te doen dat nie eens Baby van Dirty Dancing (of haar kleuterwee­rgawe) in ’n hoekie kan eindig nie. Nee wat, sy gaan van vroegdag tot laatnag perdry, minigholf en opelugskaa­k speel, die pad vat met ’n gehuurde (of eie) fiets, ’n forel of drie fnuik, swem, stap, rolbal probeer, spa toe gaan...

Al is daar altesame 59 chalets in die oord, is dit allermins beknop, en boonop is daar van elke chalet af ’n uitsig tot oor die verste einders. ’n Daaglikse skoonmaakd­iens is ingesluit by die tarief.

Indien jy nie lus is om self kos te maak nie, val in by die 29 Degrees South-restaurant vir enigiets van ontbyt tot aandete of ’n ligte happie tussenin.

Geriewe ’n Wasmasjien is ’n groot bonus; mikrogolf, TV, Wi-Fi, kaggel, spabad, private braaiplek (een bondel hout per dag word verskaf).

Wat pla? Jy voel óf tuis in ’n oord óf nie. Besluit self. Koste Een slaapkamer chalet( tot 4 mense) vanaf R 1490 p.n.; twee slaapkamer chalet( tot 6 mense) vanaf R 1820 p.n.; drie slaapkamer chalet( tot 6 mense) vanaf R 2150 p.n.; vier slaapkamer chalet( tot 8 mense) vanaf R2 610 p.n. Doen navraag oor die gereelde spesiale aanbieding­e.

Hoe kom ek daar? Van die N3 af neem jy uitgang 152 na Hidcote; hou padlangs vir sowat 4,5 km en draai regs by die bruin aanwysings­bord.

Kontak 033 263 2758; midlandssa­ddle.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa