Weg!

JOHAN POTGIETER

-

Canon EOS 70D Sigma 150-600 mm-lens

JOHAN SKRYF: Ons woon in Kempton Park en het in November 2017 deur Botswana en Zambië getoer. Dit was ’n “bucket list”toer: Ons was onder meer by die Victoriawa­terval, het die wildebeesm­igrasie op die Liuwavlakt­e gesien en ook die Chobe en Kafue besoek.

Maar dié foto is sommer aan die begin van ons reis geneem, by die Molema River Lodge in die Tuliblok. Daar was twee volwasse witkoluile wat hulle twee kuikens kosgegee het in die bome by ons kampplek langs die Limpoporiv­ier. Die uile was rustig en het my genoeg tyd gegee om foto’s te neem.

Ek geniet jul “Mense se lense” verskrikli­k baie en leer met elke uitgawe iets nuuts. Ek lees dit eerste voor ek die res van die tydskrif lees...

TOAST SÊ: Ek is bly jy geniet “Mense se lense”, Johan. Die lekker ding van hierdie bladsye is dat ons almal iets by mekaar kan leer. Glo my, ek leer net soveel van al die puik Weg- lesers – die meeste fotograwe wat foto’s instuur, neem beter foto’s as ek!

Jy was gelukkig om hierdie oulike uiltjie (skaars groter as ’n tros druiwe) in die oopte te kon kry. Dikwels skuil hulle hoog in ’n boom, en agter takke.

In bewaringsp­lekke, soos die Tuli, is diere dikwels skynbaar makker – maar dit is eintlik net omdat hulle veilig voel en jou nie as ’n bedreiging sien nie.

Jy kan van die beste foto’s in jou kampterrei­n neem – dit sou baie moeiliker gewees het om hierdie foto op ’n wildrit te neem. In jou kamp kan jy rondstap en jou tyd vat. Bekyk elke boom en luister mooi na watter voëls roep. Kyk hoe naby jy kan kom – dra sommer jou kampstoel saam sodat jy kan sit en wag, indien nodig – en kiek wanneer die voël of dier in die oopte verskyn.

Die beste deel van hierdie foto is die ogies wat so blink. Dis wat ’n mens soek. Goeie werk, Johan >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa