Weg!

CHRIS EVERTS

-

LG XCam-selfoon

CHRIS SKRYF: Ons was ’n groep van ses mense op ’n driedagsta­proete in die Drakensber­g. Ons sou elke dag sowat 20 km stap, en die eerste aand in Roland’s Cave (hierdie foto) slaap, en die tweede in Twins Cave.

Maar dit was baie amper of ek het nié hierdie foto geneem nie... Dag een was vreeslik mistig en ons het kort-kort verdwaal weens beperkte sig. Teen 5 nm. was ons volgens die kaart baie naby aan die grot, maar kon dit nie kry nie. Ons kon skaars 5 m voor ons sien!

Die donderweer het begin opsteek, en aangesien ons nie die grot kon kry nie, sou ons net so op die berg tussen die weerligstr­ale moes slaap. (Ons was sowat 3 200 m bo seespieël.)

Ons het in spanne verdeel om na die grot te soek. Teen 6 nm. – dit was al byna donker – het ek en Jacques Maré, op die foto, uiteindeli­k die grot gekry. Die volgende oggend het ons wakker geword met ’n helder uitsig uit die grot, en dis toe ek die foto geneem het. TOAST SÊ: Sjoe, ek is bly dinge het goed uitgewerk vir julle, Chris! Dit is maar net weer ’n bewys dat ’n mens nooit die natuur moet onderskat nie. Jy moet altyd voorbereid wees op enigiets.

Hierdie is ’n sterk silhoeëtfo­to, want Chris kombineer goeie tegniek met ’n tikkie kreatiwite­it. Die tegniek lê in die meet van die beligting: Jy moet belig vir die agtergrond, sodat die helder deel van die raam korrek belig en die voorgrond onderbelig is. Met ’n slimfoon kan jy tik op die deel van die raam wat jy korrek wil belig – dan doen die foonkamera die werk. Met ’n D-SLR kan jy die verstellin­gs met die hand (met die kamera op “Manual”) maak.

Deur die natuurlike raam van die grot se bek te gebruik kon Chris wys waar hulle die nag deurgebrin­g het (binne die grot). Die foto vertel dus dadelik ’n storie: As die foto van buite die grot geneem was, en net die uitsig na onder gewys het, sou dit steeds mooi wees, maar nie soveel inligting vir die kyker gee nie.

Goeie werk, Chris – vir die foto én die vind van die grot!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa