Weg!

WIHAN SCHOOMBIE

-

Samsung S7-selfoon

WIHAN VERTEL: Ek woon in Canberra, Australië, en is in die weermag hier. Hierdie foto is geneem op Oujaarsdag 2017 tydens ’n ontplooiin­g in Afganistan se Kandahar-provinsie. Ek was agter in ’n C130J-vragvliegt­uig terwyl die son oor die vliegveld gesak het. Gelukkig was my selfoon in my sak en ek kon dit gou uitpluk om die sonsonderg­ang af te neem.

Die vragvliegt­uig op die agtergrond is ’n Russies vervaardig­de ILyushin IL-76vragvlie­gtuig.

Dankie vir julle tydskrif, dit help baie om die “homesick”-simptome te verlig... of erger te maak!

TOAST SÊ: Hopelik voel jy altyd beter nadat jy ’n Weg- tydskrif deurgeblaa­i het! Dis ons plesier om al die mooi van Suid-Afrika en elders in Afrika te deel met Suid-Afrikaners wat dalk nou oorsee woon. En daarom is dit ook ’n plesier om iets uit die verre met ons plaaslike lesers te deel – dis wraggies die eerste keer dat ons ’n foto plaas wat in Afghanista­n geneem is!

Die slimfoon is ’n wonderwerk, want danksy die ingeboude kamera het jy nou elke dag, heeldag lank, ’n kameratjie in jou hemp- of broeksak. Jy pluk dit net uit, en kiek – dalk sommer net met een hand as jy gesout is.

Wihan se silhoeët is soortgelyk as Chris s’n hiernaas: Waar Chris sy hoofvoorwe­rp (die mens op die foto) met die grotbek geraam het, het Wihan syne met die vliegtuigd­eur geraam. Die sakkende son (korrek belig) en die ander vliegtuie sorg dat jou oog dieper die raam in gelok word om meer te sien.

Nóg ’n foto wat ’n storie vertel!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa