Weg!

CHRISTA JORDAAN

-

Canon EOS 7D Mk. II Canon EF 70-200 mm-lens

CHRISTA VERTEL: Ek het ’n nag by die oornagskui­ling-watergat in die Zimanga- private wildreserv­aat (in die noorde van KwaZulu-Natal) deurgebrin­g. Die skuiling is spesifiek ontwerp sodat fotograwe diere wat in die nag kom water drink, kan afneem. Daar is ligte aan albei kante van die skuiling aangebring om te help met die beligting van die diere en daar is eenrigting­glas in die skuiling sodat jou teenwoordi­gheid hulle nie steur nie.

Hierdie hamerkop het ons teen vyfuur die oggend vermaak met sy manier van paddas vang. Hy het ’n hele paar gevang voordat dit lig genoeg was om hom af te neem. Ek het hierdie foto geneem teen ’n ISO van 3 200, met ’n sluiterspo­ed van 1/200ste van ’n sekonde en ’n lensopenin­g van f2.8.

Dit was voldoende om die aksie in die oggendlig te vries. Ek het veral gehou van die weerkaatsi­ng in die water.

TOAST SÊ: Wat ’n foto! Ek is mal oor ’n hamerkop, maar het nog nooit in my lewe ’n ordentlike foto van een geneem nie. Op die meeste van my foto’s lyk ’n hamerkop net soos ’n hoender waaroor iemand ’n emmer modder omgekeer het – niks spesiaals nie. Maar Christa s’n is fenomenaal! Die hamerkop het skielik karakter, en hier’s aksie.

Zimanga se pasgemaakt­e fotografie­skuilings stel jou in staat om foto’s te neem wat voorheen byna onmoontlik was. Die feit dat Christa hier op watervlak – en oogvlak – met die voël kan sit, maak dat sy ’n baie meer intieme, karaktervo­lle portret kan neem. En natuurlik: Die weerkaatsi­ng verdubbel die pret.

Die padda moes boet, maar die foto is tops!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa