Weg!

Hartlike kos vra vir volronde rooiwyn

- – Cathy Marston

Hopelik beteken winter vanjaar heelwat reën in die WesKaap – om ons damme vol te maak én sodat ons sonder skuldgevoe­lens langs die kaggel kan sit en rooiwyn drink. Bly warm met hierdie nuwe wyne. Die eerste is dalk die winskoop van die dekade. Jy gaan sukkel om meer geur, karakter en genot uit R58 te put! Dis nou False Bay – die intreevlak-etiket van die Waterkloof-wynlandgoe­d naby Somerset-Wes – se Old School Syrah 2017. Die False Bay-reeks het onlangs ’n gedaanteve­rwisseling ondergaan en ek is gaande oor die nuwe verpakking, maar ek hou ook van die geure. Die syrah is koel gefermente­er sodat dit ekstra parfuum en aroma het. Die smaak van swart vrugte en kruie stel nie teleur nie. Dit gaan dié winter my voorkeurwy­n wees.

Daar’s iets aan ’n organiese wyn wat dit laat voel asof dit gesonder is vir jou. As ’n mens daai logika gebruik, behoort ’n biodinamie­se wyn mos dubbel so goed vir jou te wees! Hierdie een is beslis: Die Reyneke Biodynamic Syrah 2015 (R175) word op die natuurliks­te moontlike manier gemaak – geen mensgemaak­te chemiese stowwe of bemesting word gebruik wanneer die druiwe gekweek en die wyn gemaak word nie. Dis ’n heerlike syrah met swart vrugte, speserye en eikehout – ’n perfekte bederf op ’n koue middag.

As jy dié winter meer geld op ’n besonderse wyn wil uitgee, moet dit ’n Bordeaux wees. Wel, ’n Kaapse Bordeaux-versnit, in elk geval, soos die Delheim Grand Reserve 2014 (R285), wat meestal cabernet sauvignon is, met tikkies cabernet franc en merlot. Hierdie wyn is tot dusver net ná uitstekend­e oeste gemaak – twee keer die afgelope ses jaar. Dit het ’n kruidagtig­heid danksy die cabernet franc, gekombinee­r met die ryk, warm geure van swart vrugte. As jy lamsvleis eet, hoort dié wyn op die tafel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa