Weg!

WATTER KAMERA GEBRUIK JY?

-

IAN MCNAUGHT DAVIS, fotojoerna­lis (tans in Tbilisi, Georgië) Ek doen baie straatfoto­grafie en gebruik ’n Fujifilm X100S. Dis ’n klein, spieëllose kamera met ’n vaste 23 mm-lens – gelykstaan­de aan die klassieke 35 mm-lens op ’n volraamD-SLR. Dié fokuslengt­e is soortgelyk aan dié van die menslike oog en bied genoeg breedte sodat ’n mens die konteks ook in die raampie kan pas, maar dis nie só breed dat voorwerpe op die randjie van die raam verwring word nie. Om ’n vaste lens te hê dwing ’n mens ook om mooi oor jou komposisie te dink en self na ’n beter posisie te skuif indien nodig.

Nóg ’n lekker ding van die kamera is hoe klein en onopvallen­d dit is. Dit lyk soos ’n mik-en-druk en mense raak dus nie selfbewus as ek dit uithaal nie.

Daar is al ’n paar nuwe modelle ná die X100S bekend gestel, maar die veranderin­ge was nie groot nie. Hulle is almal nogal stewig – ek het myne die afgelope 3 jaar deur 21 lande saamgeslee­p, insluitend in die winter deur ’n oorlogsone in die ooste van die Oekraïne. Die kamera is baie taaier as wat dit lyk – nes Heinrich Brüssow.

Ek moet bysê dat dit nogal vinnig batterye vreet omdat dit ’n elektronie­se beeldsoeke­r het – koop dus ’n paar ekstra. Die Chinese namaaksels is net so goed soos Fujifilm-batterye. Volg Ian op Instagram:

@ianmc0davi­s >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa