Weg!

WATTER KAMERA GEBRUIK JY?

-

VILLIERS STEYN, natuurfoto­graaf en safarigids Ek gebruik ’n Nikon D750 omdat dit sulke goeie foto’s in swak lig kan neem en omdat die sensor se dinamiese reikwydte so goed is – as jy RAW-foto’s neem, kan jy soveel besonderhe­de in die skaduagtig­e dele van ’n foto herwin. Hierdie eienskappe is veral nuttig as ’n mens saans roofdiere afneem – iets wat ek elke maand vir minstens ’n week doen.

Ek hou ook daarvan dat ’n mens die D750 se LCD-skerm kan kantel en gebruik dit veral as ek foto’s op grondvlak neem. Ek dink dit is die beste waarde-virgeld kamera as jy ’n natuurlewe­fotograaf is. Volg Villiers op Instagram:

@villiersst­eyn TOAST COETZER, Weg- reisredakt­eur As ek vir Weg aan ’n storie werk, gebruik ek een van ons Nikon D610-lenskamera­s (gewoonlik saam met die 24-70 mm-lens). Vir als anders gebruik ek my Samsung Galaxy S7-slimfoon, tensy ek ’n nostalgies­e afdraaipaa­djie vat en met film foto’s neem. Dan gebruik ek my Nikon F – dis gebou soos ’n tenk.

Ek lewer ook foto’s vir ons digitale platforms, daarom is die S7 ideaal. Dit neem helder foto’s in die meeste toestande (behalwe in flou lig) en ek kan Instagrams­tories, Facebook-foto’s en Find Penguins-reisversla­e oplaai van waar ook al ek is. Die foonkamera is die 21ste eeu se mik-en-druk en ek is gaande oor my S7. Volg Toast op Instagram:

@toastcards

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa