Weg!

KOM ONS VAT DIE PAD!

Namakwalan­d, Richtersve­ld en Suidelike Namibië

-

Het jy al die Namakwalan­dse blomme of die ooptes van die Richtersve­ld gadegeslaa­n? Of die wilde perde van die Namib of Kolmanskop gesien? Het jy al afgetuur in die dieptes van die

Visrivierc­anyon? Reël vandag jou verlof en gaan op reis met Weg se toervennoo­t!

TOERINLIGT­ING

Datums 20-29 Augustus 2018 Hoe lank is die toer? 10 dae, 9 nagte Van waar vertrek die toer? Kamieskroo­n, Namakwalan­d Eindpunt? Aussenkehr, Namibië Waar slaap ons? Formele en suite-verblyf Koste R19 845 p.p. (30% bykomend vir enkelbespr­ekings)

WAARVOOR SORG EK?

• Enige 4x2 met ’n goeie grondvryho­ogte en ewenaarslo­t (ook brandstof en grensposta­riewe) • Drankies en snoepgoed • Kampstoele • Julle paspoorte • Persoonlik­e toerusting

AVONTUURTO­ERREISPLAN

DAG 1 Ons avontuur begin naby Kamieskroo­n en ons gaan kyk na die daisies in die Skilpaddee­l van die Namakwa- nasionale park. Ons ry deur die park en gaan by die Soebatsfon­tein uit en ry deur Koingnaas en Kleinzee. Ons slaap 2 nagte op McDougalls­baai, suid van Port Nolloth.

DAG 2 Vandag verken ons Alexanderb­aai en leer meer oor die diamantbed­ryf. Ons ontmoet ook boere van die omgewing en besoek die bekende ligeneveld naby die Oranjerivi­er.

DAG 3 Ná ontbyt mik ons na die Richtersve­ld. Ons ry deur onder meer Lekkersing, Eksteenfon­tein en Kuboes. Ons bly twee nagte by Sendelings­drift. DAG 4 Die groep bring die dag deur in die mooi Richtersve­ld- nasionale park. DAG 5 Ons steek die grens na Namibië oor met ’n veerboot oor die Oranjerivi­er en ry oor Rosh Pinah na Aus. Ons gaan draai ook by die wilde perde. DAG 6 Ons ry tot op Kolmanskop waar ’n gids ons rondwys. Ná middagete besoek ons Lüderitz. DAG 7 Volgende mik ons na die Sperrgebie­t en besoek Pomona en die Bogenfelsr­otsboog (dis vir jou eie sak). Ons bly twee nagte oor in Lüderitz. DAG 8 Ons ry binneland toe na die Visrivierc­anyon en stop by die Hobas-uitkykpunt. DAG 9 Ná ’n paar uur by die Ai-Ais-warmwaterb­ron mik ons na die Norotshama Lodge op die oewer van die Oranjerivi­er.

DAG 10 Huistyd. Ná ontbyt groet ons.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa