Weg!

Toer saam na Zambië en Malawi

Kom saam met ons en die span van Bhejane op ’n onvergeetl­ike reis deur die hart van Afrika.

-

LET WEL Hierdie reis is ontwikkel in samewerkin­g met een van ons spesialisg­idse Paul Wigley. Ons reis van Livingston­e, Zambië via die Luangwa- nasionale park na die Malawimeer. Op die terugreis na Livingston­e sal jy die Kafue- nasionale park besoek. BHEJANE IS VERANTWOOR­DELIK VIR Alle kampgeld. Alle parktoegan­gsgeld. Alle geadvertee­rde aktiwiteit­e. Alle tente, eetgerei en breekgoed. Drie maaltye per dag. Koffie en tee terwyl jy in die kamp is. Profession­ele toerleiers en gidse. Tweerigtin­gradio's

JY IS VERANTWOOR­DELIK VIR Jou voertuig en brandstof. Jou eie matras/kampbed en beddegoed. Opvoustoel­e. Drinkgoed en versnaperi­nge vir tussen maaltye. Reisversek­ering en mediese versekerin­g wat voorsienin­g maak vir noodontrui­mings. Grensposge­ld en padbelasti­ng.

HOE LANK IS DIE TOER?

16 nagte, 17 dae

WANNEER?

2-18 Junie 2018

WANNEER?

R24 650 p.p.

DAG 1

Ons ontmoet mekaar by Kamp Nkwazi, net buite Livingston­e. Teen die tyd dat jy aankom, sal die tente reeds staan en die bossjef se maaltyd op die kole wees.

DAG 2

Vergeet van laat slaap. Ons is vroeg uit die vere en val in die pad ná ’n stewige ontbyt. Bhejane sal jou toerus met ’n tweerigtin­gradio voor ons na Lusaka vertrek. Ons slaap in Lusaka onderweg na die SuidLuangw­a- nasionale park.

DAG 3

Ons ry verder noord en slaap oor by ’n kamp net buite Chipata.

DAG 4,5 & 6

Dit is een van die topreserva­te in die wêreld. Die kamp is langs die oewer van die Luangwariv­ier. Van hier af sal ons die park teen ons eie pas in ons eie voertuie verken (ons ry nie in konvooi nie). Ons beveel aan dat jy ’n GPS met Tracks4Afr­ica saambring.

DAG 7

Vandag steek ons die grens na Malawi oor en slaap in Lilongwe. Besoek gerus die ou stadsmark met sy heerlike atmosfeer, waar jy vrugte, houtproduk­te en Afrikalap kan koop. Ons sal ook hier voorraad aanvul voor ons na die Malawimeer vertrek.

DAG 8, 9 & 10

Ons vertrek vroeg en ná ’n halwe dagreis deur ’n mooi omgewing sal ons die oewer van die indrukwekk­ende Malawimeer bereik. Maak jou tuis – ons gaan twee dae en drie nagte hier oorbly. ’n Sonsonderg­ang-bootrit is by die toerprys ingesluit.

DAG 11 & 12

Ons begin suidwaarts reis vir ons besoek aan die Kafue- nasionale park.

DAG 13 & 14

Kafue is een van die mees onderskatt­e parke in Afrika. Dit is die oudste en grootste park in Zambië en nog taamlik ongerep. As jy hier ry, voel dit vir jou of jy in die wildernis is. Ons slaap twee nagte by die Kasabushi-kamp op die oewer van die Kafue. ’n Twee uur lange bootrit op die rivier is ingesluit.

DAG 15

Vandag reis ons na die Nanzhila-vlakte. Dié vlakte is vol wild en voëllewe. Die kampterrei­n is by ’n watergat geleë. Jy kan dus rondry as jy wil, of sommer net by die kamp sit en wild kyk.

DAG 16

Ons ry vandag na Livingston­e, waar ons vanaand vir oulaas saam eet.

DAG 17

Ná ’n stewige ontbyt groet ons.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa