Weg!

WAT KAN EK DOEN?

-

’n Amptelike instansie moet dadelik gekontak word, aangesien die publiek nie by magte is om ’n gestrande dolfyn (of ander seedier) te vervoer nie. Wanneer jy inbel, gee soveel as moontlik inligting, soos die presiese posisie van die stranding, die spesie betrokke en ook die aard van beserings. Neem foto’s met jou selfoon en stuur die foto’s deur, indien moontlik.

MOETS

Hou mense (veral dié wat wil selfies neem!) en troeteldie­re weg van die dier. Mariene soogdiere is besonder waaksaam, en onbekende geraas en sigbare beweging sal reeds hoë stresvlakk­e verhoog. Plaas nat handdoeke oor dolfyne en kleiner walvisse. Probeer skaduwee oor die diere kry met gazebo’s of iets soortgelyk­s.

Draai dolfyne en walvisse op hulle maag en grawe gate vir die vinpote sodat hulle teen ’n meer gemaklike en natuurlike hoek lê.

Kontak ’n spesialis.

MOENIES

Moenie water in die lugopening gooi of iets daaroor plaas nie.

Moenie die diere meer as wat nodig is hanteer of aanraak nie. Moenie die diere streel nie – dit veroorsaak net meer stres. Moenie die dier probeer kos of water ingee nie. Moenie sonskerm op die dier se vel smeer nie.

Organisasi­es wat gekontak kan word met betrekking tot strandings of waar diere verstrenge­l is in vislyn of -net:

Nasionale Seeredding­sinstituut (NSRI) in Durban ( 031 361 8567), Kaapstad ( 021 449 3500), Oos-Londen ( 043 700 2100), Mosselbaai ( 044 604 6271), Port Elizabeth ( 041 507 1911), Richardsba­ai ( 035 753 1991) en Saldanhaba­ai ( 022 714 1726). Ezemvelo KZN Wildlife 083 380 6298. Bayworld, Port Elizabeth 071 724 2122. Dolphin Action and Protection Group, Kaapstad 021 782 5845.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa