Weg!

KWARTELTJI­ES EN GEVAARLIKE DIERE

-

Ek was nog nie weer op ’n motorfiets sedert my tienerjare nie. Maar my voëlkykvri­end Justin Nicolau het daarop aangedring en gesê dis die beste vervoermid­del om die droër some van die Nyl se vloedvlakt­e in Limpopo te verken. Ek het die masjien dus aan die lewe geskop, die fiets in rat gesit en effe wankelrig deur die heuphoogte gras begin ry, en uitgeswenk vir houtstompe, modderige slaggate en elke nou en dan ’n buffel. Binne sekondes het ’n bondeltjie vere uit die gras opgespring, ’n paar meter gefladder en dan sonder seremonie teruggeval grond toe na waar die skuiling was. “Kwarteltji­e!” het ek bo-oor die gebrul van die enjin geskree.

En dit, dames en here, is hoe ’n mens gewoonlik hierdie klein grondvoëlt­jies sien: Vir ’n paar sekondes, wanneer hulle onverwags hulle verskyning maak en dan weer verdwyn. As jy gelukkig is, sien jy dalk een wat versigtig al met ’n tweespoorp­ad langs stap, soms met kuikens (elk so groot soos ’n R5- stuk) agterna. Baie min voëlkykers kon al dié geheimsinn­ige voëltjies vir lang tye op ’n slag sien, al kan hulle plaaslik volop wees. Trouens, ek en Justin het daardie oggend altesame 53 gesien. Kwarteltji­es het ’n ongeloofli­ke vrugbaarhe­idstempo: Die hele broeisiklu­s duur slegs sowat 50 dae. Mannetjies in aanhouding het al sewe keer per jaar voortgepla­nt.

Kwarteltji­es is baie beweeglik en nomadies, en hulle reageer vinnig op veranderen­de habitattoe­stande. Een verslag sê 21 is binne twee uur rondom middernag gevang by ’n migrasiebo­ttelnek in Mpumalanga (’n poort waardeur voëls moet gaan om bo-oor die berg te kom). Die meeste beweging gebeur snags en die kwarteltji­es word dikwels deur ligte aangetrek.

Van die 17 bekende spesies wêreldwyd kom net 3 in Afrika voor. Die bosveldkwa­rteltjies is wydverspre­id in grasveldst­reke, terwyl die bedreigde swartrugkw­arteltjie en die Kaapse kwarteltji­e – wat onlangs van die ander spesie geskei is – onderskeid­elik tot klam grasveld en fynbos beperk is. Laasgenoem­de is nog so min bestudeer omdat sy roepstem tot ’n paar jaar gelede nog onbekend was, ondanks die feit dat hulle basies binne die stadsgrens­e van Kaapstad broei.

Daar is lank gedink dat kwarteltji­es verwant is aan kraanvoëls, maar ons weet nou dié voëltjies is eintlik waadvoëls – ja, regtig! Kwarteltji­es is beslis nie kwartels nie; die spesies verskil in baie opsigte, al is die Afrikaanse name so eenders. Die kwarteltji­e het byvoorbeel­d nie ’n agtertoon nie. Die kwarteltji­e se Engelse naam is “buttonquai­l” en verwys dalk na die voël se grootte in vergelykin­g met ’n ware kwartel, en die oorspronkl­ike uitdrukkin­g was dalk “cute as a button quail.”

In die tyd van Christus het skoliere oor ’n klein voëltjie geskryf wat die geluid van ’n bul namaak. Daai skolier het in der waarheid na die bosveldkwa­rteltjie ( Turnix sylvaticus) verwys (in Engels ook bekend as die “kurrichane buttonquai­l”, “common buttonquai­l” of “Andalusian hemipode”). Die dawerende geluid word gemaak deur die groter wyfie van dié poliandrie­se spesie (waar ’n wyfie met meer as een mannetjie paar). Sy blaas ’n spesiale sak op in haar slukderm, trek in die proses haar hele lyf skeef en trek die mannetjie se aandag met ’n diep roep. Probeer “hoeeeeem” sê sonder om jou lippe oop te maak. Die geluid het amper dieselfde uitwerking as wanneer ’n buikspreke­r praat – dis moeilik om te bepaal waar dit vandaan kom.

Ek het dit onlangs eerstehand­s aanvaar toe ek die roepgeluid probeer opneem in ’n reservaat wat aan die Krugerwild­tuin grens. Ek kon die gras voor my voete effens sien roer, maar die een wat die geluid gemaak het, het onsigbaar gebly! Skielik het ’n kakofonie van bloedstoll­ende gille my mikrofoonv­lak die hoogte laat inskiet. Ek het na links gedraai en gesien hoe ’n luiperd ’n vlakvark vermoor.

Nodeloos om te sê het ek nooit daai kwarteltji­e gesien nie.

– Faansie Peacock

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa