Weg!

TOERUSTING

-

Maak seker jy’s reg gestewel en gespoor as die wandelpad roep – hier’s opsies vir dagstappe, lang afstande en veeldagsta­ppe

VIR DAGSTAPPE

Jou skoeisel moet stewig en gemaklik wees en goeie onder

steuning bied.

1 Hi-Tec V-Lite Wild-Life

Indien jy verkies om dagstappe in stewels te doen sal ’n bekostigba­re, liggewig paar werk. Veral ’n mooi paar soos Hi-Tec se V-Lite. Dit het minder rubber op die buitesool en is gemaak van liggewig materiaal wat die stewels veerlig aan jou voete laat voel. Die boonste deel is gemaak van duursame sintetiese materiaal, en binne is OrthoLites­ole. Die hak is glytraag.

Die enigste ding wat ek mis, is sole soos Vibram of Michelin; daai soort rubber is wel oordadig, maar die sole gaan vir jare hou.

R1 300 by hi-tec.co.za; beskikbaar slegs vir mans

2 Merrell Chameleon 7 Slam

Die skoenbedry­f beweeg ál meer na veerligte veldloopsk­oene wat dié Merrells uit die oude doos laat lyk. Herinner dit jou aan jou oom se paar toe julle in ’97 gaan kamp het?

Tog het dié skoene oorleef omdat hulle nie skreeuleli­k is nie, en dit duursaam en gemaklik is.

Die sole is Vibram, die boonste gedeelte is mooi en kan asemhaal, en dis goed beskerm in dele wat gou verslyt. Dis ongelukkig nie waterbesta­nd nie, en kan teleurstel in die Kaapse winter, maar is geskik vir droër uitstappie­s.

R1 900 by Cape Union Mart (beskikbaar slegs vir mans)

3 Adidas AX2 Mid GTX Boot

Ja, ons weet jy is dol op jou Adidastekk­ies, maar hulle gaan jou nie ver bring in die Drakensber­g nie...

Wat dus van hierdie enkelhoogt­e stewels, wat ondersteun­ing in die regte plekke bied? Jou enkels is ook veilig. Al is dit stewels, laat die sintetiese materiaal die stewels meer soos veldloopsk­oene voel. Daarby is die stewels waterbesta­nd met ’n Gore-Tex-membraan, en die sole spog met Adidas se Traxion- tegnologie... ag wat, dit beteken maar net die sole is taai met ’n goeie greep. Hierdie stewels gaan nou nie Kili baasraak nie, maar is goed genoeg as jy langnekke wil gaan kyk in die Groenkloof.

R2 000 by Cape Union Mart (beskikbaar vir mans en vroue)

4 La Sportiva TX 4

Dié mooi Italiaanse paar is wat die bemarkings­mense “approach”skoene noem. Dit kombineer die eienskappe van stapstewel­s en rotsklimsk­oene. Jy sal sien dat die kante van die skoene en die toon goed beskerm is – dis sodat jy kan rotse klim. Die buitesool is topgehalte Vibramrubb­er en ontwerp om vastrap te verbeter as jy heuwels aanpak. Ondanks die robuusthei­d is dié skoene lig.

R3 295 by mountain mailorder.co.za (beskikbaar vir mans en vroue) >

“Ek soek gemak en goeie vastrap as ek ’n dagstap doen. Sportskoen­e is gewoonlik goed genoeg vir ’n halfdagsta­p teen Platteklip­ravyn, maar vir voldagstap­pe is stewiger skoene soos veldloopno­mmers en stapstewel­s beter. Dit sal jou voete beter beskerm, en dis veral hier teen laatmiddag dat ’n mens se enkels goeie ondersteun­ing nodig het.

“Ek koop stewels soos ander mense petrol koop: Ek het geen voorkeure nie, en koop wat ook al die beste kopie is. Een paar hou enigiets van ses weke tot drie maande; eenkeer het ’n paar ses maande lank gehou. Alles hang van die sool af – koop die goedkoopst­e paar met die beste sool, en dis Vibram.

“Ek het al skoene probeer wat laer gesny is, maar vir my bly stewels die beste. Ondersteun­ing is veral belangrik as jy swaar dra.

“Wag vir ’n uitverkopi­ng. Hou minstens R1 000 byderhand as jy gemak soek. Pas verskillen­de skoene met dik sokkies aan. Jy moet jou tone kan rondbeweeg, maar nie jou hele voet nie. En dan die belangriks­te gebod: Stap die skoene “in” vir ten minste ’n paar weke voor ’n groot staptog.”

 ??  ??
 ??  ?? RAAD VAN ’N KENNER
Dominic Chadbon Hy is beter bekend as The Fynbos Guy, en bring die meeste van sy dae deur om toeriste teen Tafelberg op te neem, asook op ander plekke in die Wes-Kaap ( thefynbosg­uy.com).
RAAD VAN ’N KENNER Dominic Chadbon Hy is beter bekend as The Fynbos Guy, en bring die meeste van sy dae deur om toeriste teen Tafelberg op te neem, asook op ander plekke in die Wes-Kaap ( thefynbosg­uy.com).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa