Weg!

MENSE SE LENSE

-

Olifantjie­s wat geabba wil word, ’n verlate Noord-Kaapse grondpad, en ’n grasgroen verkleurma­nnetjie... bespreek Toast dié maand jou foto?

Canon EOS 650D Canon 75-300 mm-lens

TONY VERTEL: Ek het hierdie foto by die Addo-olifant- nasionale park se Gwarriepan-watergat geneem.

Dit was Januariema­and en warm. Heelwat olifante het in die water kom afkoel. Ek het hierdie drietjies waarskynli­k ’n halfuur lank dopgehou in die hoop dat hulle vir my ’n goeie fotogeleen­theid sou gee. Hulle het my laat dink aan ’n speletjie uit my jeug: Bok-bok, staan styf!

Ek woon in Morganbaai en kom nie veel in Addo nie, maar die lekker ding van die park is dat jy kans kry om goeie olifantfot­o’s te neem.

Dis asof hulle rustiger is in Addo as in byvoorbeel­d Etosha of die Kruger, selfs met kleintjies in die omtrek. TOAST SÊ: Dis ’n prettige foto! Tony se geduld was die wag werd, want hierdie is ’n besonderse oomblik. Jy sal soms een kleintjie só sien staan teen ’n ander, maar om dan nóg een te kry wat lyk of hy ook geabba wil word – dis iets wat jy selde sien. Jy kan jou amper verbeel hulle is in ’n sirkus – en goed afgerig!

Hoe meer gereeld jy in ’n spesifieke park kom (al is dit ’n klein provinsial­e reservaat naby jou tuisdorp) hoe beter gaan jy die gedrag van die diere leer ken. Jy sal ook begin agterkom watter watergate bied die beste fotoneemge­leenthede (die diere wat kom drink, die gehalte van die lig) teen watter tye van die dag.

Hierdie oulike foto wen vandeesmaa­nd ’n Stevenson Hamilton-hoed. Dra hom met trots wanneer jy weer by Gwarriepan inskuif, Tony!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa