Weg!

AGTER DIE SKERMS

Die leser Wilbrie Fourie en vier vriende het met bromponies sowat 260 km om die Suapan gery, die grootste van Botswana se Makgadikga­dipanne. Lees die storie op bl. 56.

-

Hoe ry ’n mens “om” ’n pan, en moet jy spesiale toestemmin­g verkry? Dit was nie nodig om toestemmin­g te kry nie. Ons het wel betaal om by die Kubu-eiland te kamp (sowat R120 p.p.p.n.). Die grootste toestemmin­g was by die “hoofadminb­eampte” by elkeen se eie huis...

Dit was maklik om “om” die soutpanne te ry en daar is meestal paadjies waar ander al gery het. Ons het ook ’n GPS gebruik om ons vordering dop te hou.

Hoe het julle goed koud gehou? Ons het twee koelbokse saamgeneem. Koelboksma­atskappye adverteer dikwels dat hulle bokse ys vir vyf dae kan koel hou. Ons kan beaam dat Evakool s’n dit kan doen. Jy moet dit net so min as moontlik oopmaak.

Ons het al ons vleis vakuumverp­ak en vooraf kliphard gevries. Ons het ook soliede ysblokke eerder as ysblokkies saamgeneem. Hoeveel brandstof het julle saamgery en hoe het julle dit vervoer? Bromponies is in die algemeen lig op brandstof. Ons het sowat 160 liter saamgeneem.

Ons het al ons tente, toerusting en brandstof saamgery op ’n waterponie-sleepwa wat ons spesiaal vir die toer ombou het. ’n Kawasaki Brute Force-quadfiets het dié kontrêpsie (en later ook twee van die bromponies) gesleep.

Ry al die bromponies weer ná die uitstappie? Francois Bester en sy skoonpa stoei nog om die BMW C1bromponi­e weer te laat galop, maar die res is aan die gang.

Wat is julle volgende avontuur? Ons wil volgende jaar met rubberduck­s kuslangs ry van Inhambane tot op Vilankulos in Mosambiek.

En dan beplan ons om in 2020 van die grens tussen SA en Mosambiek op die Pongolariv­ier te roei tot by Inhaca-eiland. Tussenin wil ons jag en tiervis vang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa