Weg!

Jellieviss­e in die wildtuin?

-

Daar gaan baie meer in die wildtuin aan as net die voëls en diere wat jy en jou gesin te siene kry.

Navorsers het ’n interessan­te spesie die eerste keer hier opgemerk :’ n varswater jellievis! Dié spesie i sal op ander plekke in Suid-Afrika opgemerk, maar nog nooit in die wildtuin nie. Die jellievis seis in maalgat poele in sandsteen rotsformas­ies by die Red Rocks in die Shingwedzi­rivier gekry – sowat 20 km wes van die Shingwedzi-ruskamp.

Hierdie piepklein jellieviss­e is skyfvormig en slegs sowat 1-2 cm in deursnee, met tentakels van verskillen­de lengtes. Die DNS moet nog ontleed word, maar dit is waarskynli­k

Limnocnida tanganjica­e. Dis meer algemeen in mere verder noord in Afrika.

Die ontdekking in Oktober 2016 was toevallig, vertel dr. Izak Smit (op foto bo), ’n wetenskapb­estuurder by Sanparke. “Ek en ’n paar kollegas was op ’n staptog tussen die Shingwedzi- en Olifantsri­vier en het ’n blaaskans langs die poele geneem toe ek ’n jellievis raaksien. Ek het die ander geroep en hulle ongeloof is gou met verbasing vervang nadat ek die eerste jellievis in my koffiebeke­r gevang het!”

Izak is twee weke later terug om van die jellieviss­e in te samel vir die navorsings­versamelin­g by Skukuza. Dis die eerste keer dat ’n spesie uit die Cnidaria-hoofgroep in die wildtuin ontdek word. Dié groep bestaan uit onder meer jellieviss­e, anemone en koraal, en het duisende seespesies, maar net sowat 40 varswaters­pesies.

“Om ’n varswaterj­ellievis in die wildtuin te ontdek, in een van die knellendst­e droogtes op rekord vir die Suid-Afrikaanse Laeveld, wys hoe die natuur dikwels op geheimsinn­ige wyses te werk gaan – en nog baie geheime het wat ontdek kan word,” skryf navorsers in San parke se 2016- navorsings­verslag.

Nog inligting Lees hierdie en ander navorsings­tories in Sanparke se 2016- navorsings­verslag. Dis aan lyn beskikbaar by sanparks.org/ c onse r vat i o n/ re port s/ re se a r c h_ re port. p h p

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa