Weg!

Leer nou aanlyn foto’s neem saam met Weg!

- – Suzaan Hall >

Ons is almal gaande oor mooi foto’s, maar het nie noodwendig genoeg ledige ure om daai dik kamerahand­leiding te probeer ontsyfer nie. Weg hou al ’n paar jaar fotografie­slypskole landwyd waar lesers by een van ons kenners leer hoe om hulle kamera beter te verstaan en beter foto’s te neem.

Met dié aanlynfoto­kursus wil ons dit vir amateurfot­ograwe nóg makliker maak. Nou hoef jy nêrens heen te reis nie; jy kan die lesse in jou eie huis (en teen jou eie pas!) onder die knie kry én dis heelwat goedkoper as om ’n slypskool by te woon.

As jy ’n lenskamera het en steeds huiwerig is om sonder die “Auto”- of “Program”-modus foto’s te neem, is dié kursus vir jou. Komaan, rus jou toe met die kennis van ons span en kry groter selfvertro­ue as fotograaf.

Hoe werk dit? Sodra jy inskryf en betaal, kry jy ’n profiel en jy kan begin leer! Jy gaan nie klasloop nie; alles gebeur aanlyn (sorg dus dat jy genoeg data het). Die lesinhoud is reeds gelaai en jy kan teen jou eie pas daardeur werk – met ’n koppie koffie en in jou pajamas as jy wil!

Wat kos dit? R950. Dié eenmalige bedrag gee jou lewenslank toegang tot die kursusmate­riaal. Jy betaal met ’n kredietkaa­rt.

Watter soort kamera moet ek hê? Enigiemand sal baat vind by die kursus – dit maak nie saak of jy ’n mik-en-druk of selfs net ’n selfoon het nie: Studente gaan veral meer oor komposisie leer, en goeie komposisie vra nie watter kamera jy het nie. Ons kyk ook na goed soos Instagram wat die heel beste werk as jy met jou slimfoon foto’s neem, en help jou om van daai digitale foto’s wat op jou hardeskyf lê in fotoboeke te omskep.

Ons fokus wel op die gebruik van lenskamera­s en hoe jy die verskillen­de funksies kan gebruik om die beste foto te neem. Iemand wat so ’n kamera het, sal die meeste waarde uit die kursus kry.

Waar skryf ek in? Gaan na http://neembeterf­otos.weg.co.za en klik op “Skryf in”. So maklik soos dit! Jy sal ook ’n kursusoors­ig en antwoorde op ander algemene vrae daar kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa