Weg!

Volg ’n asteroïed

- – Willie Koorts

Het jy geweet jy kan ’n asteroïed met net jou verkyker sien? Vandeesmaa­nd is ’n gulde geleenthei­d om die asteroïed Vesta te siene te kry.

Asteroïede is klein, rotsagtige liggame wat hoofsaakli­k tussen die bane van Mars en Jupiter om die son wentel. Vesta is die naasgroots­te liggaam in dié asteroïede­gordel waar die meeste asteroïede voorkom – sy deursnee is 525 km. Die grootste is verreweg Ceres, met ’n deursnee van 945 km. In die derde plek is Pallas (512 km), maar omdat Vesta uit digter materiaal bestaan, is laasgenoem­de baie swaarder en beslaan hy 9% van die massa van die asteroïede­gordel.

Vesta word die helderste van al die asteroïede­s, onder meer omdat dit nader aan die son wentel (en dus meestal nader aan ons is). Dit kan onder gunstige omstandigh­ede – van ’n donker plek af met donkermaan – selfs met die blote oog gesien word.

Dit is beslis binne bereik van die meeste verkykers, maar dan moet jy natuurlik weet presies waar om te kyk. Junie is ideaal, want dan beweeg Vesta verby die Sagittariu­s-“teepot”.

Die teepot is in Junie heelnag sigbaar: Dit kom vroegaand op in die suidooste en gaan teen sonop in die weste onder. As jy nie weet waar om te soek vir die teepot nie, soek op 30-31 Mei en 27-28 Junie: Dis wanneer die Maan by die teepot verby beweeg (sien die skets).

Die kaart dui Vesta se posisie elke vyf dae aan. Soek in daardie omgewing en vergelyk die sterpatron­e op daaropvolg­ende aande – en jy sal sien hoe Vesta beweeg het. Lekker jag!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa