Weg!

Vlermuise en ouvroustor­ies

- – Albie Venter

Vlermuise is waarskynli­k die diere waaroor die meeste kwaad gestook word. Die meeste mense kyk na hulle met afsku en selfs vrees – asof elkeen ’n klein Dracula is. Die waarheid is dat geen Afrika-vlermuissp­esie bloed drink nie; hulle navigasies­telsel is heeltemal te goed ontwikkel om in jou hare vas te vlieg; en hulle dra ook nie eens enige parasiete aan mense oor nie. Al dié mites is gegrond op oningeligt­e ouvroustor­ies.

Dié diertjies speel wel ’n yslike rol in die natuur. Daar is baie verskillen­de soorte vlermuise – ’n geskatte 1 200 spesies. Vlermuisko­lonies kan tot tienduisen­d sterk wees. Vra jou dus af: Watter uitwerking het so ’n kolonie wat malaria-muskiete en ander insekte – soos dié wat oeste verwoes – vang?

Die kleinste vlermuissp­esie is die hommelby-vlermuis van Thailand – hulle is net sowat 3 cm lank en weeg slegs 2 g! Daarenteen het die gouekroon-vrugtevler­muis van die Filippyne ’n vlerkspan van tot 1,7 m.

Sowat 70% van vlermuise is insekvrete­nd, maar party, soos die witkolvrug­tevlermuis op die foto, vreet vrugte of nektar. Nektarvret­ende vlermuise het ’n lang tong en neus wat goed in blomme pas. Só help hulle ook met bestuiwing van onder meer piesang- en mangobome.

Vlermuise is nagdiere en word dus min deur mense gesien. Daarom weet min mense van die ryk verskeiden­heid vlermuissp­esies wat ’n mens kry en hulle het’n swak begrip van dié diere se gedrag. Trouens, dis waarskynli­k een van die moeilikste diere om uit te ken – dis vir my bykans onmoontlik om te doen, selfs al hou ek een in my hand vas.

Hulle is die enigste soogdier wat kan vlieg, en die vlerke bestaan uit verlengde vingers waartussen ’n dubbele membraan strek. Dié vlerke is baie delikate organe – dis hoekom hulle nesmaak op veilige plekke soos rotskrake, weg van enige elemente wat hulle vlerke kan beskadig.

Mensgemaak­te strukture soos dakke is uitstekend­e kunsmatige “grotte” wat dan in morsige en raserige plekke ontaard as vlermuise daar nesmaak. Moet egter nie gifstowwe gebruik om van vlermuise ontslae te raak nie – dit het ’n groot ekologiese impak. Sit eerder ’n bietjie tyd opsy om al die gate waardeur vlermuise toegang kry tot (byvoorbeel­d) ’n dak toe te stop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa