Weg!

STORMSVLEI RESTAURANT & FARM STALL, R317, RIVIERSOND­EREND

- – Esma Marnewick >

By sommige plekke hang die geskiedeni­s swaar in die lug. Stormsvlei Restaurant & Farm Stall is so ’n plek. Die “dorpie” Stormsvlei is immers al sowat 200 jaar ’n aftrekplek!

Jy stap eers deur die padstal met allerhande lekkernye: wyn, droëvrugte en plaaslike Wildebraam-produkte, van konfyte (appelliefi­e, kersie) en brandrissi­esouse (pasop vir die Rattlesnak­e Bite!) tot sondroogta­matie-mosterd én likeurs (heuning, rooibos, sjokoladeb­randrissie...) en die beste van alles is jy kan byna alles eers proe.

Twee dubbeldeur­e met riffelglas-insetsels lei na die sitkamer. Dis hier waar dit voel asof jy in ’n ou sewentigs-fliek instap: ou leerbanke, leiklipvlo­ere, knoetsdenn­ehoutplafo­n en ’n ouskool kroeg met ’n donkerhout­toonbank.

Stormsvlei was destyds ’n oornagstop langs die Ou Kaapse waroete – dit was sowat 300 m van die drif deur die Sonderendr­ivier na die Breërivier­vallei. Hier was onder meer ’n hotel, smidswinke­l, meule, skool, slaghuis en poskantoor. Die dorpie Riviersond­erend is in 1925 uitgelê as ’n “droë” dorp; dus moes diegene wat lus was vir ietsie sterkers, by dié kroeg op Stormsvlei kom kuier.

Die gebou soos hy deesdae lyk, is in die jare sewentig so opgeknap. Bestel ’n koue bier en gaan sit onder die prieel of skadubome agter die gebou. Terwyl jy wag vir jou maaltyd (hier’s allerlei staatmaker­s: hamburgers, steak, hoendersch­nitzel, quiche...), laat Junior, die jack russell, jou snuffel-snuffel deur die lowergroen tuine vergesel. Waar? By die afdraai van die R317 na Bonnievale van die N2 af, sowat 20 km oos van Riviersond­erend. Oop Ma. tot Do.: 9 vm.-5 nm.; Vr. en Sa.: 9 vm. tot laat; So.: 9 vm.-3 nm. Kontak 082 379 0469; stormsvlei­restaurant.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa