Weg!

Johann Meintjes

Dié rekenaar vaardighed­e-onderwyser van Pretoria is 36 jaar gelede verlam ná ’n gimnastiek­ongeluk. Tog reis en kamp hy as hy die kans kry. Ons het gaan hoor hoe toeganklik Suid-Afrikaanse bestemming­s vir mense met gestremdhe­de is.

- – Suzaan Hall

Van waar die liefde vir reis en die buitelewe? Ek het in Krugersdor­p grootgewor­d. Op skool was ek bevoorreg om gereeld gimnastiek­kampe landwyd by te woon en ook oorsee te toer. Dié kampe op plekke soos Die Oog in Mookgophon­g en Rustenburg­kloof het my lief gemaak vir die natuur. Ek het die wêreld gesien en kon sonder moeite oral gaan waar ek wou.

Ons gesin het elke jaar in die KwaZuluNat­alse Suidkus vakansie gehou, by blekke soos Hibberdene, Umtentweni en Shelly Beach.

Dit het egter alles in 1982 verander toe ek in ’n gimnastiek ongeluk beseer i sen’ n kwadruplee­g geword het.

Wat het gebeur? Ek het op my nek geval in ’n tuimelkomp­etisie, my sesde en sewende nekwerwel gebreek en die senuwee ernstig beskadig. Ek was ses maande lank in die destydse H.F. Verwoerd-hospitaal vir rehabilita­sie. Vandag bestuur ek ’n motor. Ek het ook al ’n woonwa gehad wat ek toeganklik gemaak het vir ’n rolstoel.

Hoe gou ná jou ongeluk het jy weer begin reis? My begeerte om te kamp en te toer het nie verdwyn nie, maar ek het gou agtergekom dit sou nou heelwat moeiliker wees. In die tagtigerja­re was plekke ontoegankl­ik vir mense in rolstoele; lugdienste wou my nie sonder ’n helper op vlugte toelaat nie; en advertensi­es vir gastehuise het verkeerdel­ik gesê plekke is toeganklik.

My oom het vir die destydse Nasionale Parkeraad gewerk en ek het onmiddelli­k ná my rehabilita­sie gereeld vir hulle in die Bergkwagga­nasionale park g aankuier. Daar het ons baie idees uitgeruil om die nasionale parke meer toeganklik te maak vir rolstoel gebruikers.

Ek het in 2001 saam met die SA rolstoelru­gbyspan na Nieu-Seeland en Australië getoer en is ook in 1990 as afrigter saam met die Nasionale Tuimelspan na kompetisie­s in Duitsland en Rusland.

Hoe was jou ervaring in die buiteland? Oorsese bestemming­s was baie meer toeganklik.

Daar was altyd hulp om uit busse en taxi’s te kom. Ek het ook in 2011 ’n robotics- span van ons skool na Frankryk en Nederland geneem. Om die toer self te beplan met rolstoelto­eganklikhe­id in gedagte was eenvoudig, sonder probleme. Met die verloop van tyd word al meer inligting aanlyn en in internasio­nale tydskrifte soos Access Travel Australia en Disability Travel in Greece beskikbaar.

Wat is die grootste uitdaging wanneer jy plaaslik reis? Hier is ’n groot leemte in Suid-Afrika as dit kom by inligting oor die toeganklik­heid van plekke (bestemming­s en blyplekke). Reistydskr­ifte en -webblaaie behoort eintlik sulke inligting in te sluit wanneer hulle oor plekke skryf. Party plekke sê hulle is rolstoelto­eganklik en as jy daar kom, is daar ’n trappie by die ontvangska­ntoor of by die kleedkamer­s.

En sekere lugdienste laat my steeds nie sonder ’n helper toe nie.

Die webblad rollingsa.co.za het ’n lys met rolstoelvr­iendelike blyplekke in Suid-Afrika, maar dis ’n skande dat daar slegs 15 plekke op dié lys is.

Waarna kyk jy as jy ’n blyplek kies? Mense met gestremdhe­de weet plekke soos ’n woonwapark kan nie die hele kampterrei­n toeganklik maak nie. Maar hulle kan gerus een staanplek naby die ablusieger­iewe en ontvangska­ntoor so toeganklik as moontlik maak. Die ablusieger­iewe moet onder meer ’n oprit na die gebou hê, asook deure wat breed genoeg is, handreling­s in die badkamer en ’n wasbak op rolstoelho­ogte.

Die eienaar moet bloot ’n rolstoel leen, daarin klim en kyk of hy self by die plekke in sy kampterrei­n kan uitkom. Gastehuise behoort ’n rolstoelto­eganklike ingang by die ontvangska­ntoor te hê en een slaapkamer met ’n badkamer waarin ’n rolstoel kan pas.

Ek en my vriendin, Ronel Cronje, het verlede jaar op Port Alfred gaan kamp. Die ablusieger­iewe het ’n oprit vir ’n rolstoel gehad met ’n rolstoelte­ken teen die muur. Maar twee meter verder was daar ’n trappie by die deur. As dit nie vir daai trappie was nie, sou ek sonder hulp kon stort. Hoe is die rolstoelto­egang in Suid-Afrika in die algemeen? Plekke het die afgelope 36 jaar baie verbeter. Al ons nasionale parke en die ATKV-oorde is toeganklik vir rolstoele. Loftus Karavane in Randburg ombou woonwaens vir mense in rolstoele. Sommige blyplekke soos Helena’s Overnight-gastehuis in Bloemfonte­in en die Weesgerus-vakansieoo­rd in Modimolle is ook baie goed.

Die webblad lekkeslaap.co.za is verreweg die beste inligtings­bron vir rolstoelvr­iendelike blyplekke. Tog het ek al by van hulle blyplekke ook probleme ondervind.

Wat is die één ding wat jy wens mense verstaan oor mense met gestremdhe­de? Mense met gestremdhe­de is gewone mense wat ook hou van reis en kamp. Om ’n plek rolstoelto­eganklik te maak is eenvoudig en kos nie baie nie.

Wat is jou gunsteling­bestemming in SuidAfrika, en hoekom? Enige plek waar ek my stokperdji­e as fotograaf kan uitleef wat so toeganklik as moontlik is – ek is mal oor plekke soos die Ratlhogo-skuiling in Pilanesber­g en die Addo-olifant- nasionale park.

As my skip inkom… sal ek beslis meer in ons land wil toer en klein plekke in die Karoo soos die koppies Teebus and Koffiebus langs die R56 wil besoek. Ek wil ook graag Botswana en Namibië sien.

Jou droombeste­mming? Ek beplan juis ’n lekker toer vir my sestigste verjaardag volgende jaar, maar besluit nog of dit oorsee of plaaslik gaan wees.

Dalk Rio de Janeiro, Viëtnam of Kroasië. Of dalk kry ek ’n toeganklik­e wildreserv­aat in Suid-Afrika. Omdat ek ’n kranige fotograaf is, sal die Zimanga- private wildreserv­aat met sy spesiale fotografie­skuilings in KwaZulu-Natal ’n droombeste­mming wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa