Weg!

ONTMOET DIE SKRYWER

-

Die skrywerseg­paar Chris en Mathilde Stuart het al meer as 20 gidsboeke uitgegee. Hulle nuutste publikasie, Stuarts’ Field Guide to National Parks &

Nature Reserves of South Africa, is ’n hersiene uitgawe van hulle boek wat in 2012 op die rakke was. Hierin kan jy alles wys word van die geskiedeni­s, geologie, landskap, plantegroe­i en wild in 43 van Suid-Afrika se parke en reservate. Die boek het ook meer as 900 kleurfoto’s én ’n afdeling waar jy

fauna en flora kan uitken. Chris Stuart vertel ons meer.

Waar het julle liefde vir die natuurlewe begin? Vir my het dit as vierjarige in die noorde van Engeland begin en ontwikkel tot ’n stokperdji­e en loopbaan as ’n navorser. Sedert 1984 is ek ’n voltydse konsultant, skrywer, fotograaf en swerwer. Ek het ’n M.Sc.-graad verwerf aan die destydse Universite­it van Natal en Mathilde het as mediese dokter gekwalifis­eer by die Universite­it van Innsbruck in Oostenryk. Ons het albei dus begin om met soogdiere te werk...

In 1983 het ons in Grahamstad ontmoet. Kort daarna het ons saam deur Namibië gereis en toe was die koeël deur die kerk.

Wat is die vernaamste bywerkings wat julle vir die nuwe uitgawe gedoen het? Hierdie boek fokus steeds opdien a tuur geskiedeni­s van Suid-Afrika se parke en reservate. Ons het verskeie kaarte hersien waar ’n park se grense of paaie verander het, nuwe feite oor die infrastruk­tuur ingesluit en byvoegings gemaak tot die fauna danksy nuwe ontdekking­s of spesies wat hervestig is.

Hoewel die uitgewer nie voortgaan met die aan lyn kontrolely­s van ons eerste uitgawe nie, probeer ons dit bywerk op ons webwerf ( stuartonna­ture.com) soos nuwe inligting beskikbaar raak.

Watter deel van die navorsing geniet julle die meeste? Ons geniet dit geweldig om uit die kantoor te wees – hoe wilder, hoe beter.

Voordat ons met enige boek, app of projek begin, doen ons eers baie navorsing by die lessenaar om te sien wat nuut is in populêre en wetenskaps­literatuur. Dan val ons in die pad en probeer so lank as moontlik in die veld wees. Met moderne tegnologie is ons kantoor volledig mobiel en kan ons vir lank weg wees van ons basisse in Oostenryk en die Karoo.

Wat het julle op ’n onlangse parkbesoek ontdek wat nuut is? Daar is altyd iets nuuts en opwindends om oor spesies te ontdek, maar soms raak ’n mens ook bewus van iets negatiefs. Tot onlangs was daar ’n groot kolonie van Wahlberg se vrugtevler­muise naby die restaurant by Skukuza in die Krugerwild­tuin. Met ons mees onlangse besoek was die broeistruk­ture afgebreek! Só is ’n gulde geleenthei­d daarmee heen om die publiek oor die voordele van vlermuise op te voed.

Julle werk al dekades as ’n span. Wat tel in julle guns en is daar uitdagings? Die feit dat ons al baie lank op ’n 24/7-basis saam woon en werk is iets wat ons koester en geniet. Om elke Vrydag op ’n Karoovlakt­e (as ons daar is) te kan piekniek hou en planne beraam, en om saam op mooi plekke skemerkelk­ies te drink is ’n voorreg. Ek kan werklik nie aan groot uitdagings dink nie.

As julle self op vakansie sou gaan na een van ons parke of reservate, waar sal dit wees? Ons verkies die stiller parke, of in die besiger parke kothuise wat afgesonder is. Die parke wat ons die graagste besoek, is die Karoo- nasionale park (Afsaal-kothuis), Mokala- nasionale park (Haak-ensteek-kothuis) en die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Ons hou van vrede en rustigheid en baie dinktyd. Ons het geen erg aan winkels of restaurant­e nie; dus vermy ons die hoofkampe.

Wat is van die interessan­te kwessies in die nuwe uitgawe? Leeus is die afgelope paar jaar hervestig in verskeie van die kleiner parke. Ons wonder egter of hierdie ’n wyse besluit is, omdat dit klein hoeveelhed­e is en leeus gereeld rondgeskui­f moet word om die genetiese poel te verryk en intelery te voorkom.Ons vermoed die eintlike rede is om meer toeriste na die parke te lok, eerder as om die wildgetall­e te balanseer. Ons vind ook dat Sanparke nie altyd openlik is oor die werklike vlakke van stropery en ander probleme in sy gebiede nie. Die uitbreidin­g van verskeie parke, wat die geleenthei­d skep vir wildbevolk­ings om te groei is wel ’n positiewe stap.

Wie dink jy sal hierdie boek geniet en nuttig vind? Dit is die enigste gidsboek wat die natuur geskiedeni­s van Suid-Afrika se parke en reservate volledig vertel. Die meeste ander boeke fokus op een park of kyk meer na geriewe en infrastruk­tuur. Ek dink enigeen wat die natuurskoo­n en rykdom van ons parke waardeer, sal baie inligting in hierdie boek vind.

Julle Suid-Afrikaanse basis is op Loxton. Waarom spesifiek daar? Ons woon al sedert 1995 op Loxton, maar is meestal weg vir enigiets van twee weke, ses maande tot selfs drie jaar! Loxton is klein, meestal stil en sentraal geleë in Suid-Afrika. Ons is baie lief vir die Karoolands­kap.

Met watter projekte is julle tans besig? Ons het onlangs begin om die appwêreld te verken. Ons het pas drie apps voltooi: Stuarts’ Southern African Mammals en Stuarts’ African Mammals (albei beskikbaar op die App Store en Google Play) en Stuarts’ Mammals of North America (tans slegs op die App Store, maar binnekort ook op Google Play). Ons werk ook aan apps vir Europa en Suid-Amerika. Die lekkerte van apps is dat ons dit gereeld kan hersien en nuwe materiaal byvoeg. Maar dit beteken ons moet natuurlik harder werk! Ons het verskeie ander planne vir projekte in verskillen­de dele van die wêreld, wat natuurlik Afrika insluit...

Stuarts’ Field Guide to National Parks & Nature Reserves of South Africa word uitgegee deur Struik Nature en kos R300 in boekwinkel­s.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa