Weg!

WAT SKUD BUITE DIE PARK?

-

Moeg gebraai?

Al die blyplekke in die park is selfsorg. Gelukkig is jy net ’n klipgooi van die village af, soos die plaaslike inwoners na die sakekern verwys, waar daar ’n verskeiden­heid restaurant­e, koffiewink­els en pubs is. Gooi ’n draai by die Milkwood Evening Market in Beaconstra­at op ’n Vrydagaand tussen 4 nm. en 9 nm. en snuffel tussen die handgemaak­te juweliersw­are, curio’s en tie-dye- hemde rond voor julle uiteet. Op Saterdagog­gende is die Wild Oats-plaasmark ( 082 376 5020; wildoatsma­rket. co.za) op Sedgefield beslis ’n besoek werd. Dis ’n groot mark waar jy vars groente, vrugte, vleis, pannekoeke, brode en nog ’n hele lys handgemaak­te produkte direk affie plaas kan koop. Kom sit op ’n hooibaal en geniet die plaaslike musikant wat heel luisterbar­e musiek maak.

As jy lus het vir ’n ordentlike steak en tjips sonder fieterjasi­es, maak ’n draai by Joplins Steak Bar ( 073 347 8896) net na die Pirates Creek-afdraai langs die N2. Dié restaurant het ’n eenvoudige spyskaart met die fokus op steaks. (Hier is net een opsie vir vegatariër­s: quiche.)

’n Vakansie langs die see loop hand aan hand met seekos eet en hiervoor is Salinas ( 044 877 0001;

salinas.co.za) in Zundorflaa­n langs die N2 net die plek. Vra vir ’n tafel op die boonste verdieping vir die beste uitsig oor die strand.

Vir ontbyt en ligte etes loer in by Beejuice Café ( 044 877 0608; beejuiceca­fe.co.za). Die restaurant met speelplek vir die kinders is in die ou Wildernis-treinstasi­e in Sandsstraa­t en net ’n klipgooi van die strand af.

Vir ’n besonderse Sondagmidd­agete-ervaring, besoek Bistro Celeiro ( 044 850 1026), ’n huisrestau­rant op die Sewepassep­ad sowat 19 km noord van Wildernis. Die Agrella-familie – Julio, Susan en Julio Junior – kook en bedien “boerekos met ’n twist”. Die spyskaart wissel elke week. Die driegang-maaltyd (vanaf R185 p.p.) se bestanddel­e kom vars uit hulle tuin of van buurplase in die omgewing. Susan en Julio Junior berei die maaltye voor in die oopplankom­buis terwyl Julio sy lyf kelner, skottelgoe­dwasser en storievert­eller hou. Verwag disse soos mossels met wasabisous, gebakte camembert, periperi-hoender, springboks­kenkel, varksteak met kaiings en tuisgemaak­te roomys. Die bistro het nie ’n dranklisen­sie nie, maar jy kan jou eie drinkgoed bring. Die gesin se eetkamer is baie gewild – jy moet vooraf bespreek.

Wat nog?

Hier’s verskeie plekke in en om Wildernis waar jy wyd kan kyk. Volg die Hoogtepad uit die dorp, draai links op die Whitespad en weer links in Remskoenst­raat. By die Map of Africa-uitkykpunt (S33.992900 E22.560799) kyk jy >

uit oor ’n kinkel in die Kaaimansri­vier wat die landskap soos die suidelike punt van die Afrika-vasteland laat lyk. Aan die oorkant van die uitkykpunt is daar ’n graspol van waar jy ’n wye uitsig oor die dorp, die Touwrivier en die strand het. Hierdie is een van die gunsteling­plekke vir skermswewe­rs om op te styg en oor die N2 af strand toe te sweef. Hier kry jy dus ’n voorsmaak van die uitsig sonder die benoude ervaring!

Die Dolphin’s Point-uitkykpunt langs die N2 net wes van die dorp voor die Kaaiman s rivier brug. Van hier af kan jy sien hoe robbe, dolfyne en walvisse (in die wintermaan­de) doer onder in die Indiese Oseaan baljaar. Van dié punt af kan jy ook die treinbrug oor die Kaaimans-riviermond­ing sien waar die Outeniqua Choo Tjoe-trein vroeër jare geloop het.

Terloops, die Kaaimansri­vier, net wes van die dorp, is nóg ’n plek waar jy op ’n warm dag kan swem. Hier’s ’n piekniekpl­ek – jy draai van die N2 af net voor die brug – en met laagwater kan jy onderdeur die treinbrug stap tot by die riviermond­ing. Jy kan ook ’n kano huur by Adventure Time (R200 per uur; 076 137 8557;

adventuret­imewildern­ess.co.za) en in die kloof op roei na ’n weggesteek­te waterval.

Grant Grootboom, Ruskampbes­tuurder “Ons is ’n one-stop shop: Ons het skoon strande onder by die see, inheemse woude teen die berge en natuurlike mere in die middel. Jy kry dit nie sommer in ander nasionale parke nie.”

Gavin Fredericks Toerismebe­ampte “Dis baie veilig hier by ons. En gróén! Ons natuur en die voëllewe is uniek.” “Dis vir my lekker om in die natuur te werk. Ek geniet dit ook om mense van verskillen­de lande te ontmoet.”

Kit en Cecile Williamson, Johannesbu­rg “Ons was 40 jaar gelede ook hier. Die dorp is ’n bietjie groter met meer huise en so, maar die park is nog net so pragtig.”

Martin en Annie Ferreira, Pretoria “Wildernis is divine! ’n Mens hoor altyd van Knysnaloer­ies en ons het nog nooit een gesien nie, maar hier sit hulle die heeltyd by jou! Al is hier nie grootwild nie, is dit lekker om hier te sit en niksdoen en die voëls dop te hou.”

 ??  ?? Kaaimansri­vier
Kaaimansri­vier
 ??  ?? Salinas
Salinas
 ??  ?? Map of Africa-uitkykpunt
Map of Africa-uitkykpunt
 ??  ?? Wild Oats-plaasmark Joplins Steak Bar
Wild Oats-plaasmark Joplins Steak Bar
 ??  ?? Milkwood Evening Market
Bistro Celeiro
Milkwood Evening Market Bistro Celeiro
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa