Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Koste Permitte kos R40 p.p.p.d. by Kaapse Natuurbewa­ring ( 021 483 0190; capenature.co.za).

As jy by Die Galg bly, kan jy vooraf met Ruth Oosthuizen reël om vir jou ’n permit te kry – sien die oorkantste bladsy. Hoe fiks moet ek wees? Redelik. Die roete se oppe en affe is uitdagend, maar hanteerbaa­r, veral as jy lig dra. Dis egter kort genoeg dat jy dit ru-u-ustig kan vat; begin net vroegoggen­d. Hoe ver is dit? 14 km in een rigting – 6-8 uur met rustye ingesluit. Jy kan van enige kant af stap, en kan ook net een rigting doen, maar reël dan vir ’n motor aan die eindpunt.

As jy al twee dae stap, is dit beter om op Greyton te begin; ’n mens stap langer van dié kant af, en die blyplek aan die McGregor-kant is lekker staphutte. (Let wel: Jy slaap nie op McGregor nie; die blyplek is 16 km buite die dorp – hou dit in gedagte as jy vervoerreë­lings tref.) Waar begin ek? Greyton-kant: Die beginpunt is aan die einde van Parkstraat. Ry met die hoofstraat berg se kant toe, draai naby aan die einde van die dorp links in Nerinastra­at en weer regs in Parkstraat. McGregor-kant: Die Galg, 16 km buite McGregor (ry deur die dorp en hou aan op die grondpad verby die Lord’s-wynkelder). Water? Dra genoeg saam. As dit gereën het, behoort jy water langs die pad te kry, maar moet eerder nie die kans vat nie – die stroompies is dikwels droog.

WAAR BLY EK?

GREYTON Greyton Eco Lodge Dié voormalige koshuis is ’n goedkoop opsie sonder fieterjasi­es (oudkoshuis­brakke sal dalk terugflits­e kry na hulle skooldae), en ideaal as jy net ’n lêplek vir een aand soek. Soek by

lekkeslaap.co.za of safarinow. com vir nog opsies. Koste Slaapsaal (plek vir 6) R140 p.p.; Dubbelkame­r: R240 p.n. Gemeenskap­like badkamers en kombuis. Kontak 082 545 1240;

ecolodgegr­eyton.co.za

MCGREGOR Die Galg Ruth Oosthuizen kan tot 55 mense in 7 verskillen­de huisies akkommodee­r: Diesel f sorg grasdak huisies (no. 1-3) is meer eenkant, elk met eie kombuis, badkamer en braaiplek. Die Klipstoor is verdeel in 4 eenhede (no. 4-7), elk met eie stort, toilet, kombuis en binnebraai­plek.

Al die huisies is volledig toegerus en het elektrisit­eit. No. 4-6 deel ’n buitebraai en no. 7 het sy eie. Koste R165 p.p.p.n. Dit sluit beddegoed en handdoeke in. Minimum R600 p.n. per eenheid. Wat nog? Betaal vooraf vir hout (R25 per sak) en dit wag vir jou by die hut. Ruth kan ook vir julle kos koop: Dit kos 20% van die inkopiekos­te. Sy moet jou inkopielys­ie voor Donderdago­ggend om 10 vm. hê. Reël ook vooraf vir die stappermit as jy dit by Ruth kry. Kontak 072 240 0498 (Ruth);

boesmanskl­oof.co.za

Onverwacht & Eagle’s Nest Die netjiese Onverwacht-huisies het ’n onverbeter­like ligging met ’n mooi uitsig van die stoep af. Elkeen van die 7 huisies het elektrisit­eit en slaapplek vir 8 mense. Beddegoed en handdoeke kos ekstra.

Die Eagle’s Nest-kliphuis is op die rand van die kloof geleë en is ’n eersteklas opsie, maar is vér vooruit volbespree­k – dit is dus net vooruitbep­lanners beskore. Dit het slaapplek vir 10 mense. Koste Onverwacht: R150 p.p.p.n. wat deel; minimum R400 p.n.; R60 p.n. vir kinders jonger as 12; Eagle’s Nest: R400 p.p.p.n., minimum 6 mense. Let wel Eagle’s Nest en huisies 1-3 moet vir minstens 2 nagte bespreek word en is dus beter vir dagstapper­s. Kontak 072 514 4209;

boesmanskl­oofmcgrego­r.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa