Weg!

BRUCE ALLEN

-

Canon 5D Mk. III Canon 100-400 mm-lens

BRUCE SKRYF: Ek het dié foto laatmiddag in die Khama Rhino Sanctuary naby Serowe in Botswana geneem. Daar was stof in die lug nadat ’n paar renosters rondgehol het. Ek het met ’n hoë ISO van 2 000 geskiet sodat ek my sluiterspo­ed vinnig kon hou (1/2 500ste van ’n sekonde) terwyl ek steeds goeie fokusdiept­e kon handhaaf teen f/14.

TOAST SÊ: Khama Rhino Sanctuary is een van Botswana se minder bekende reservate, maar dis die beste plek om na hulle renosters te soek. Daar is ander wild ook, en Bruce se rooibokfot­o wys dat jy met ’n bietjie kreatiwite­it sterk foto’s daar kan neem.

Veral wanneer die invalshoek van die son laag is – vroegoggen­d of laatmiddag – tel die strale enige stofdeeltj­ies duidelik op, en dís wat Bruce se foto so ’n unieke gevoelswaa­rde gee. Rook, ’n wolk muggies, humiditeit (soos mistigheid of stuifreën) of dalk selfs grassaadji­es wat deur die wind opgetel is, kan dieselfde effek gee – wees dus op die uitkyk daarvoor.

Omdat die son van agter die bok skyn, is daar nou fyn randbeligt­ing te bespeur, wat die silhoeët daarvan ’n skerp, byna ingebrande voorkoms gee.

Kyk ook na die spasie na regs, voor die bok se neus. Dis belangrik om jou (veral bewegende) voorwerp beweegruim­te te gee dat die komposisie nie te beknop voel nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa