Weg!

NICOLÉ MARÉ

-

iPhone 6s

NICOLÉ SE MAN, HUGO, SKRYF: Ons bly in Sandton en was op pad Kaapstad toe vir vakansie, maar wou met agterpaaie deur die Noord-Kaap langs ry om die hoofroetes te vermy. Selfs al was dit ’n paar uur langer om te ry, het die uitsigte dit die moeite werd gemaak! Dit was ons eerste keer in hierdie deel van die Noord-Kaap – hierdie foto is in die Botterkloo­fpas suidwes van Calvinia geneem.

Ons het hier gestop omdat ’n mens kon sien tot waar die pad oor die horison wegraak. Die beste vir my (seker omdat ek van die stad af kom) was om geen ander mens, huis of kar te sien nie.

Ek geniet spesifiek selfoonfot­ografie omdat dit baie gevorderd geraak het oor die laaste paar jare. Jy kan nou verstellin­gs maak om byna profession­ele foto’s te neem. TOAST SÊ: Ja, die Noord-Kaap (en die Karoo in die algemeen) is SuidAfrika se geheime agterpadwa­pen.

Vir elke hoofweg wat hierdie geweste deurkruis, is daar drie ompad-opsies wat jy ook kan vat. Hulle mag jou dalk langer neem om te ry, maar hulle gaan jou gemoed goed doen.

Met ’n (slim) selfoon in jou hand het jy deesdae sommer ’n sak vol truuks by jou ook. Hou dit op die outomodus en 95% van jou foto’s gaan goed uitkom. Maar bring ’n bietjie tyd daarmee deur en raak vertroud met jou foon se volle spektrum van vernuftigh­ede. Leer hoe jy op ’n deel van die skerm kan raak om die fokus te hou, of die beligting daar te neem. Leer hoe jy die flits kan aan- of afskakel, of hoe jy High Dynamic Range (HDR) kan aktiveer of afsit, soos dit jou pas.

Die pad wat hier so na die horison verdwyn, vorm ’n klassieke lyn vir ’n landskapfo­to. Kyk hoe dit op natuurlike wyse jou aandag lei van die voorgrond na die verte. Dis waarna jy soek met jou foto’s: iets vir die oog in elke hoek.

Op dié foto kan ’n mens amper die stilte aanvoel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa