Weg!

MICHELLE NEEDHAM

-

Sony Cybershot DSC-HX400V

MICHELLE SKRYF: Hierdie foto is ’n paar jaar gelede by die Mabuasehub­e-natuurrese­rvaat in Botswana se Mpayathutl­wa-kamp geneem. Drie leeumannet­jies het oor die pan aangestryk gekom en een het in die stort gaan water drink – dit was seker 50 °C en een kraan in die stort het gelek. Ek het dié foto geneem toe hy uitkom.

Ongelukkig eindig hierdie storie nie goed nie... Ons het die mannetjies gevolg. Later het hulle op ’n wyfie en haar twee welpies afgekom. Dinge het lelik geraak: ’n Mannetjie het een van die welpies doodgebyt en die leeuwyfie het met hom baklei.

TOAST SÊ: Al is dit nie lekker om sulke dinge te sien nie, is dit tog ’n besonderse voorreg om leeus bloot te sien leeus wees in ’n wildernis soos die Kgalagadi. Dit herinner jou daaraan dat die plek nog ongetem en ordentlik wild is.

Michelle se foto tref die oog omdat die (wilde) leeu in jukstaposi­sie staan teenoor die (mensgemaak­te) badkamerge­boutjie. Dit betrap jou onkant: Jy sou eerder iemand met ’n handdoek om die lyf en stortsakki­e oor die skouer verwag wat hier uit die bosstort stap, nie ’n maanhaar met moorddadig­e gedagtes nie...

Die lig op die foto is mooi, en van die regte kant af. Neem duidelike foto’s van jou voorwerp só: Probeer met jou rug na die son staan sodat die son oor jou kop direk op die voorwerp val.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa