Weg!

Wit is vir winter

- – Cathy Marston

In groot dele van Suid-Afrika het die winter sonnige dae waar jy ’n kuierstoep kan vind om ’n witwyn te geniet. Hier is ’n paar voorstelle. Die meeste wyndrinker­s het reeds beweeg na 2018-sauvignon blancs, maar jy sal gelukkig wees as jy nog ’n lekker 2017-bottel in die hande kan kry. Iets soos die Kleine Zalze Cellar Selection Sauvignon Blanc 2017 (R61). Dit het ondertone van groen en geel vrugte, ’n vars suurheid, asook ’n rykheid te danke aan ’n ekstra jaar in die bottel. Selfs ’n 2018-weergawe sal jou tevrede stel, want dié wyn se gehalte is konstant.

Al meer wynmakers probeer hulle hand aan chenin blanc. Grande Provence maak dit al ’n geruime tyd, maar het ’n nuwe een bekend gestel: Grande Provence Chenin Blanc 2017 (R90). Dis ’n heerlike manier om chenin blanc te leer ken. Dit het ondertone van vars geel vrugte en ’n souterighe­id.

Sauvignon blanc en chenin is lekker, maar die beste wit vir winter is chardonnay. Die ryk geure en ryp vrugte komplement­eer ryk winterkoss­e uitstekend. Die Haute Cabriere Chardonnay Reserve 2016 (R190) is ’n goeie keuse. Ons is gewoond aan van dié wynmaker se ligte, drinkbare chardonnay-pinot noir-versnitwyn­e, maar hierdie is ’n “ernstige” witwyn. Dis ryk, gebalansee­r deur ’n effense suurheid en ’n romerige nasmaak. ’n Bottel van hierdie hoort by ’n winterfees­maal.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa