Weg!

MAAK REG VIR DIE WINTER

-

Om in die winter te kamp is heerlik. Dis die ideale tyd om plekke te verken wat in die somer té warm is. Mik na die uitgestrek­te vlaktes van Namibië, die Kalahari, of die Karoo, waar die dae sonnig is en die aande koud en helder – net reg om jou te verkyk aan die Melkweg wat bo julle blink, voor julle snoesig om die kampvuur sit en julle hande by die vlamme warm maak.

Nog ’n uitstekend­e winterbest­emming is die wildreserv­ate van die Bosweld, soos Madikwe of die Krugerwild­tuin. Die plantegroe­i is yler in die winter en julle sal die diere dus makliker raaksien. Min dinge bring jou nader aan die brute krag van die natuur as om in jou tent te lê en luister hoe ’n leeu brul.

As jy ’n stapper is, mik Drakensber­g toe en slaan jou tent op naby ’n kabbelende bergstroom­pie. Rol jou matras en slaapsak oop en haal die reiskussin­g uit: Dis tyd om jou nessie vir die nag te bou... Niks kom by dié gevoel nie – in die wildernis, in jou eie tentjie voel jy soos ’n ontdekking­sreisiger. Met die regte, goeie toerusting sal jy skaars die byt in die lug voel as die son agter ’n hoë rand verdwyn.

Maak jou kos op ’n gasstofie of pak ’n vuurtjie as julle braai. ’n Paar malvalekke­rs en warmsjokol­ade later kan jy bed se kant toe staan – jou gemaklike tent en snoesige slaapsak wag. Lees ’n bietjie by koplig totdat jou ooglede swaar begin word en jy wegdryf tot in droomland.

Wie weet, as jy môreoggend by jou tent uit loer, is daar dalk sneeu op die berge!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa