Weg!

VIR LANG AFSTANDE

Lang afstande vra vir gemak en daar is ’n paar goeie liggewig nommers op die rak.

-

“Voor my eerste Spaanse Camino in 2015 wou ek stapstewel­s dra. Gelukkig het ek voor die tyd ’n Camino-werksessie in Kaapstad bygewoon waar ek geleer het veldloopsk­oene is beter vir die terrein wat ek gaan stap: gruis-, plaas- en teerpaaie.

“Een van die kundiges by die praatjie het my aangeraai om ’n paar Salomon XA Pro 3D-skoene te koop in ’n grootte groter as wat ek gewoonlik dra omdat ’n mens se voete swel ná ’n dag se stap. Ek het ’n paar gekry en 1 025 km in 40 dae afgelê sonder een enkele blaas!

“Ek het elke dag twee paar sokkies aangetrek: Enkelsykou­se met ’n paar dun stapsokkie­s booor. Elke oggend het ek Vaseline aan my voete gesmeer, en my skoene elke 6-8 km uitgetrek om my voete lug te gee en nog Vaseline aan te smeer. Elkeen het maar sy ritueel, en dié een het vir my gewerk. Toe ek die Camino in 2017 weer vir ’n TV-reeks stap, het ek ’n nuwe paar Salomons gekoop. Ek het 380 km gestap – weer sonder enige blase.”

1 K-Way Inca

Die ander skoene in hierdie kategorie is almal lig en ontwerp vir die berg, en almal lyk sommer reg vir die ding. Dié trappers lyk uit ’n ander era met boonste dele van leer, en veterdetai­l. Maar voorkoms kan ’n verkeerde indruk gee: Hierdie skoene is ligter as wat hulle lyk, die buitesole is Vibram, hulle het staalskagt­e en die boonste deel kan ’n ligte reën trotseer.

Hulle is in baie opsigte net soos die Salomon Outpaths hiernaas: Albei pare is goeie skoene wat lank gaan hou. Die Outpaths gaan egter ’n bietjie minder beenkrag van jou verg as die Inca.

Kry vir jou ’n leerhoed om by jou trappers te pas. R1 600 by Cape Union Mart (beskikbaar net vir mans)

2 Asics Gecko XT Trail

Veldloopsk­oene is deesdae hoogmode en dié mooi paar van Asics voldoen aan al die vereistes.

Die buitesole belowe goeie vastrap op glyerige oppervlakk­e en dit het oorgenoeg sagte kussings. Die tong het insetsels wat sorg dat sade uitbly en daar is ’n “rotsplaat” aan die voorkant van die skoen wat jou voet beskerm.

Die ekstra opstopsels maak dat dié skoene ’n bietjie swaarder en warmer is as van die ander veldloopsk­oene, wat dit ook geskik maak vir gewone stap. R1 700 by Sportsmans Warehouse

3 Salomon Outpath

Dié skoene pas nie mooi in enige kategorie nie, wat ’n goeie ding is. Dis nie spesifiek vir klim nie, ook nie vir veldloop nie, en ook nie vir staptogte nie... Dis vir al drie, wat dit ideaal maak vir die caminoagti­ge staptogte wat deesdae oral in Suid-Afrika gestalte kry. Of vir die ware Jakob in Spanje.

Hulle is is taai en waterbesta­nd, met hak- en toonbesker­ming, Contagrip-sole en ’n Gore-Tex-voering. Hulle het ook die quick-lace system wat al deur baie van Salomon se mededinger­s nageboots is.

En wanneer jy nie op ’n camino is nie, is dié skoene goed genoeg vir ’n dagstap of Park Run. R2 200 by Cape Union Mart (beskikbaar net vir mans)

4 Hoka One One Speedgoat 2

Jy weet instinktie­f dié skoene gaan goed wees vir jou voete. Hulle is ontwerp vir veldloop en is goed gestop. Die Vibrambuit­esool bied goeie vastrap en is versterk rondom die toon en hak.

Hulle is geïnspiree­r deur Karl Meltzer, wat ’n rekordhoue­r is vir 100 myl-veldlope, en as dit goed genoeg is vir hom...

Probeer ’n paar – hulle voel soos wolkies aan jou voete. R2 450 by Sportsmans Warehouse (beskikbaar vir mans en vroue)

 ??  ??
 ??  ?? WAT SÊ ’N ERVARE STAPPER? Erns Grundling Erns is ’n voormalige Wegjoernal­is en hou van stap. Kyk sy reisprogra­m Elders: Die Camino op Showmax.
WAT SÊ ’N ERVARE STAPPER? Erns Grundling Erns is ’n voormalige Wegjoernal­is en hou van stap. Kyk sy reisprogra­m Elders: Die Camino op Showmax.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa